Unieke liefdesverhaal

Helen en Les Brown

Les en Helen Brown van Kalifornië in Amerika is op dieselfde dag gebore, het hul 75ste huweliksherdenking verlede jaar gevier en word vandag begrawe nadat hulle een dag ná mekaar gesterf het.

Les Brown Jr., die egpaar se seun, het aan die Long Beach Press-Telegram gesê sy ma Helen (94) is op 16 Julie dood en sy pa is op 17 Julie oorlede. Sy het maagkanker gehad en hy Parkinson se siekte.

Die egpaar is op 31 Desember 1918 gebore, het mekaar in die hoërskool ontmoet en is in 1937, toe hulle 18 jaar oud was, getroud. Hul ouers het aanvanklik nie die voorgenome huwelik goedgekeur nie, omdat hulle nie gedink het ‘n huwelik tussen ‘n welgestelde man en ‘n werkersklas vrou sal ooit werk nie.

Hulle het in September hul 75ste huweliksherdenking gevier.

Die egpaar het in 1963 na Long Beach verhuis. Les was ‘n fotograaf en Helen ‘n eiendomsagent.

Hul herdenkingsdiens word vandag [Saterdag] gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lize ·

Wat ‘n pragtige verhaal. Ek sien die oorpronklike berig se dat hul seun hul geluk deels toeskryf aan hulle geloof. Hulle was Jehovah’s getuies. Is daar ‘n rede dat daai deel uitgelaat is? Hoe dit ook al sy dis fantasties dat daar nog sulke liefdesverhale bestaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.