Universiteit adverteer pos met $0-salaris

UCLA (Foto: ACasualPenguin/Pixabay)

Die Universiteit van Kalifornië (UCLA) in die VSA het onlangs ʼn assistent-adjunkprofessor wat breedvoerige kwalifikasies vereis in ruil vir geen salaris nie.

“Aansoekers moet verstaan dat daar nie enige vergoeding is vir die posisie nie,” het ʼn advertensie op ʼn interne werksoek-portaal gelui. Mense met ʼn doktorsgraad in chemie of biochemie en ʼn goeie rekord van dosering op kollegevlak, is uitgenooi om vir die pos aansoek te doen, berig die New York Times.

Die advertensie is teruggetrek ná dit groot kritiek op sosiale media uitgelok het. Die omstredenheid het egter die lig gewerp op die kwessie van onderbetaalde of onbetaalde poste by universiteite landswyd.

Vakbond-beamptes en akademici sê dit is nie ongewoon vir instansies om mense met doktorsgrade, wat sukkel om werk te kry, om vir hulle te werk en ervaring en “prestige” op te doen nie. Die poste lei egter selde tot permanent aangestelde poste.

Mia McIver, president van die UC-AFT-vakbond, het verlede maand aan die Los Angeles Times gesê die $0-pos by UCLA, wat ook minstens drie verwysingsbriewe vereis het, is moontlik ʼn poging om ʼn ooreenkoms te omseil wat die vakbond namens duisende dosente (maar nie assistent-adjunkte nie) bekom het. Volgens dié ooreenkoms moet dosente betaal word.

“Ek is bekommerd dat die universiteitbestuur se verslawing aan goedkoop onderrig-arbeid só sterk is, dat hulle nie ons nuwe ooreenkoms gestand gaan doen nie,” het sy gesê.

Steve Ritea, woordvoerder van UCLA, sê die advertensie “het foute bevat” en UCLA “bied altyd vergoeding vir klaskamer-onderrig”.

McIver sê egter dit blyk of die getal onbetaalde dosente toeneem. “Uiteindelik moet enigiemand wat klas gee by ʼn universiteit of skool betaal word vir hul arbeid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marthinus W ·

Miskien, as hulle minder wapens in Oekraine inpomp, sal daar geld wees om professors te betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.