Vadersdag: Wen ‘n wegbreekkans vir jou pa by Carousel!

Bederf jou pa! Wen ʼn aand by die Carousel Casino and Entertainment World net noord van Pretoria op 16 Junie!

Die prys is vir vier mense (ʼn pa en drie kinders (onder 12 jaar oud); of ʼn pa, ma en twee kinders (onder 12 jaar oud)). Die gelukkige wenner sal op ʼn sonsondergang-wildbesigtigingstoer gaan, ʼn heerlike aandete by een van die restaurante by die Carousel geniet, die aand in een van die luukse selfversorgingseenhede by die Carousel oorslaap en ontbyt die volgende oggend by die hotel geniet.

Ons gaan Vrydagmiddag om 14:00 die trekking doen, so jy moet spring om deel te neem!

Bepalings en voorwaardes:
Die prys sluit nie enige ander verversings of vervoer na en van die Carousel in nie. Enige ander onkostes wat die wenners aangaan sal nie deur Maroela Media of die Carousel gedek word nie. Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie en die verblyf is net geldig vir die aand van 16 Junie 2012. Die beoordelaars se besluit is finaal, ons sal nie by enige verdere korrespondensie betrokke raak nie. Die wenners stem ook in dat hul foto deur die Carousel geneem en in bemarkings- en publikasiemateriaal van die Carousel of Maroela Media gebruik mag word.

Hoe kan jy wen?
Vertel vir ons waarom jou pa (of man) hierdie wegbreekkans verdien! Reageer op hierdie artikel in die kommentaarblokkie hier onder, of lewer kommentaar op die gepaste artikel op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Corrie Verster ·

Vroeg oggend word ek wakker… Alleen in ons kooi, maar die lekker van ‘n warm koppie koffie in my neus. Ai my man, hoe wens ek jy kon my nog warm hou… Maar elke oggend, dou voor dag, is jy uit by die deur om te gaan werk…. Sonder klagtes… Winter of somer…. En elke oggend wag my koppie koffie in jou plek, vir my. ‘N lang dag, en vanaand, nooit seker hoe laat nie, stap jy in by die deur met ‘n glimlag en ‘n soen vir ons elkeen. maak nie saak hoe lank jou dag, of hoe mislik ek nou weer was nie, my soen kry ek. En die lekkerste is vanaand in die bed klim, en jy trek my so styf teen jou vas en se “gooi in jou voete”, as jy jou voet lig dat ek my voete tussen joune kan indruk sodat hulle lekker warm kry. Jy offer soveel op, jy doen soveel en nooit vra jy iets terug nie. Jy is my hero, en jy is jou seun se alles. En jy verdien liefde in oorvloed. Jy is ons oorvloed!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.