Vasvra-flop met die antwoord op sy T-hemp

Skermgreep uit die video

Winkels is vol T-hemde met handelsmerke en slagspreuke van popsterre, flieks en superhelde – en dit help soms om presies te weet wat jy dra.

Dié jong man, Alberto, het besluit om ʼn T-hemp van Captain America aan te trek toe hy op ʼn Spaanse vasvrakompetisie, “Ahora Caigo” (rofweg vertaal as “Nou val ek”), verskyn het.

Alberto het dalk nooit kon raai dat ʼn vraag oor Marvel se Avengers in die kompetisie gevra sou word nie, wat nog te sê ʼn spesifieke vraag oor Captain America!

Alberto moes ʼn vraag beantwoord wat iemand, wat al minstens een Avengers-fliek gesien het, sou kon beantwoord. Die vraag: “Wat is Steve Rogers in die Avengers: ʼn dokter, meneer of kaptein?”

Indien iemand egter nie weet dat Captain America se regte naam Steve Rogers is nie, sal hulle dalk oor dié vraag struikel. Maar iemand wat ʼn T-hemp van Captain America dra, sou tog seker die antwoord ken? Ongelukkig nie.

Alberto het dadelik “dokter” geraai – en gou sy fout besef.

Die gasheer Arturo Valls het vinnig ʼn grap gemaak: “Ons dra hierdie hemde en weet nie wie dit is nie!”

Alberto kon met R1,5 miljoen weggestap het as hy al die vrae beantwoord het.

Die volgende Avengers-fliek sal na verwagting in April 2018 vrygestel word.

https://youtu.be/KlxJQEKhsNk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.