Veeartse verstom ná leeuwyfie maanhare ontwikkel

Bridget. Foto: Facebook via Oklahoma City Zoo.

Veeartse by die Oklahoma City-dieretuin in die VSA is verstom oor Bridget, ʼn 18-jarige leeuwyfie, ewe skielik maanhare begin ontwikkel het.

Independent.co.uk berig dié maanhare het glo verlede jaar Maart stadig maar seker op Bridget begin groei.

Die oorsaak hiervan is nog nie bepaal nie, hoewel personeel by die dieretuin gesê het dat hulle besig is om bloedmonsters se analiseer vir ʼn moontlike verduideliking.

Gretchen Cole, ʼn veearts by die dieretuin, het aan ABC News vertel dit is hoogs onwaarskynlik dat ʼn wyfie manlike karaktertrekke begin ontwikkel. Maanhare ontwikkel gewoonlik op sowat een jaar oud by mannetjieleeus as gevolg van verhoogde vlakke van testosteroon.

Dit is egter nie die eerste keer dat so iets gebeur nie. Emma, ʼn 13-jaar oue leeuwyfie van Suid-Afrika, het ook in 2011 maanhare begin ontwikkel en in 2014 is ʼn trop van vyf wyfies met maanhare in Botswana gewaar.

Wetenskaplike meen aangesien Bridget van daardie trop afkomstig is, kon dié karaktertrek dalk geneties oorgedra gewees het. Hulle vermoed selfs dat dit as ʼn voordeel kan dien aangesien dit van buite kan lyk of meer mannetjies die trop beskerm.

Haar suster, Tia, ook 18, wat in dieselfde dieretuin aangehou word, het nog nie maanhare ontwikkel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

TDW ·

Ek glo nie dis genetika nie, ek dink dit het te doen met hormone wat in vleis gekry word. Hoekom ek so sê is omdat ek weet van ‘n leeumannetjie wat beesvleis gekry het, min wetende dat die bees hormone gekry het vir vinniger groei. Die mannetjie se maanhare het alles uitgeval. Na ‘n jaar van organiese vleis het sy maanhare weer terug gegroei.

Hannah ·

TDW – ek stem saam – dit was die eerste gedagte wag opgekom het – hormone.

Casper Labuschagne ·

So wragtig, hierdie LBGTQ+ beweging gaan nou heeltemaal te vêr met hul cisgender teorie dat daar geen verskil tussen manlik en vroulik bestaan nie!
;-)

Maar soos hierbo opgemerk is, is groeihormone wat deesdae lukraak gebruik word waarskynlik die rede. Omdat beesvleis duur is word pluimvee vir leeus gevoer op leeuplase in die Noord Vrystaat. Die pluimvee bedryf is sekerlik die heel ergste wat die gebruik van hormone betref.

Riouna Martin ·

Sy bly pragtig
Sy het nie nodig om skaam te kry nie dis haar langhare! Sy soek ook n poniestert.

Casper Labuschagne ·

En lipstiffie saam met die poniestert wat die leeu liefs blou of pienk moet verkleur om ‘n politiese stelling ten gunste van die feminisme te maak. Maar net as jy ook die polities korrekte cisgendervoornaamwoord “ly” en “laar” se ekwivalente vir transgender leeus gebruik. Inderdaad het ons samelewing nou hierdie absurde vlak van verspotting bereik en dit wys regtig hoe sleg sojamelk vir babas is.

Denise ·

Ai tog die mense dink te veel gemors uit en dan glo hulle dit !!!! Dit is die kos wat hulle eet die hoender is vol hormone gepomp wonder nou net of die mannetjie T rustig gaan raak ai ai !!!!

VanAfrika ·

Dis bewys, hormoon gedrewe vleis veroorsaak ook dat seuns/mand “man boobs” ontwikkel. Ek het ophou om gevriesde vleise en hoenders by supermarkte te koop. Koop by n slaghuis wat vars van die plaas af slag. Vleis proe anders in is baie sagter. Eiers direk van die plaas is ook goud geel en nie die bleek geel wat by broei plase gekweek word nie.

Ripleys ·

Ons het ‘n hennetjie gehad wat eiers gele het….. en toe op die ou end begin kraai het soos ‘n haan. Verstommend maar waar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.