Veels geluk met jou 60ste, Skillie!

Henry met die koek vir sy 60ste verjaarsdag (Foto: Clyde Peeling’s Reptiland)

ʼn Dieretuin in Pennsilvanië in die VSA het ʼn verjaarsdagpartytjie gehou vir ʼn 60-jarige skilpad – boonop met ʼn koek wat gemaak is met sy gunstelingvrugte!

Henry, ʼn Aldabra-skilpad, het aanlyn bekendheid verwerf toe Clyde Peeling’s Reptiland, ʼn dieretuin in Allenwood, ʼn video van hom gedeel het waar hy sy koek geniet.

Henry spog met ʼn silwer verjaarsdaghoedjie en is klaarblyklik beïndruk met sy waatlemoenkoek.

Kalin Palmatier, ʼn woordvoerder van die dieretuin, het aan Insider gesê die koek bestaan slegs uit vrugte en groente. Die “stokkies” wat die koek aanmekaar verbind het, is droë spaghetti. “Ons bederf graag ons diere op sulke spesiale geleenthede. En om 60 jaar oud te word is ʼn goeie rede om fees te vier!”

Henry se “kamermaat” Al, het in 2016 met sy 50ste verjaarsdag ook ʼn spesiale partytjie gehad.

Besoekers aan die dieretuin word ook genooi om dié spesiale geleenthede met die diere te kom vier.

Henry the Tortoise Enjoying his Birthday "Cake"

#ICYMI, over the weekend we celebrated Henry's 60th birthday! Zoo keeper Leslie made him a special "cake" made of fruits and veggies . . . and as you can see, he enjoyed it!(music courtesy of bensound.com)

Posted by Clyde Peeling's Reptiland on Monday, July 22, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deloris ·

Dis alles joune Skillie… Alles net joune… 60 jaar…bederf hom Baie.

Henry ·

Mooier as mooi. Die outjie het seker ‘n bad nodig gehad na daai fees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.