Verbod op glinsterstof versoek

Argieffoto

Omgewingsnavorsers versoek ʼn wêreldwye verbod op glinsterstof (“glitter”), weens die skade wat dit aan die omgewing aanrig.

Glinsterstof word gewoonlik in kunsvlyt gebruik en word vervaardig van klein plastiekdeeltjies. Volgens wetenskaplikes beland dié deeltjies in die oseaan en in die natuur waar diere dit inneem.

Prof. Richard Thompson het navorsing gedoen oor die impak van plastiek op mariene omgewings en het bevind dat tot ʼn derde van visse wat in die Verenigde Koninkryk gevang word, plastiekdeeltjies geëet het. “Ek was baie besorg toe iemand vir my dogters stortseep gekoop het wat boonop glinsterstof bevat,” het Thompson aan The Independent gesê. “Dit word in die drein afgespoel en beland dan uiteindelik in die oseaan.”

Dr. Trisia Farrelly, ʼn navorser aan die Massey-universiteit in Nieu-Seeland, het gesê glinsterstof behoort wêreldwyd verbied te word, omdat dit ʼn mikroplastiek is.

Volgens die National Ocean Service is mikroplastiek veral verantwoordelik dat dit oseane besoedel. Mikroplastiek en veral mikrokorrels, klein stukkies plastiek wat in skoonheidsprodukte voorkom, is die grootste oorsaak van oseaanbesoedeling, volgens die verslag. Die klein plastiekdeeltjies word nie deur filtrasiestelsels gekeer nie en beland in ons oseane en mere.

BBC News het berig sommige Britse kleuterskole het reeds die gebruik van glinsterstof verbied, weens die “vreeslike skade” wat dit aan die omgewing aanrig. Aldus Fox News het sekere state in Amerika ook reeds die gebruik van mikrokorrels in skoonheid- en gesondheidsprodukte verbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

A Mac ·

Dis maklik om te sê dis sleg vir die omgewing maar as die mense en kinders met dit werk, asem hulle nie klein deeltjies in nie? Is dit nie dalk die rede vir so baie sinusinfeksies en kinders met loopneuse en hoesery nie?

Denise ·

Die glitter is nie al wat ek sal verban nie daar is baie meer goed wat ek graag sal wil verban sommer van die aarbol af vir die haaie!!!!

Tienie ·

Het julle al ooit gewonder wat word van die 4,000 ton rubber wat ons jaarliks af skuur op ons paaie. Dit beland in ons riviere, afgespoel deur die reen. gaan Google waarvan is bande gemaak en dan sal jy eers bekomerd wees.

Awie Opperman ·

Dit gaan ‘n massiewe impak hê op die ontkleeddanser bedryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.