Verdagte blitsig vasgetrek – onder sy bed

Die foto wat die polisie gedeel het van die verdagte soos hulle hom in sy huis aangetref het. Foto: Facebook

ʼn Polisiesoektog na ʼn vermeende inbreker in Halifax in West Yorkshire, Engeland, het vandeesweek sommer blitsig tot ʼn einde gekom – toe polisiebeamptes die verdagte se bene onder ʼn bed in sy huis sien uitsteek het.

Die plaaslike polisie het op hul Facebook-blad ʼn foto van die verdagte gedeel soos hulle hom Donderdag in sy huis aangetref het toe hy vir polisiebeamptes probeer wegkruip het. “Julle sal nie verbaas wees om te hoor nie, dat ja, ons het hom gekry. Hy sal geen toekennings wen vir wegkruipertjie-kampioen nie!” het die polisie by die foto geskryf.

Sosialemediagebruikers het lekker gelag vir die verdagte se flou poging om die lang arm van die gereg te ontduik en die inskrywing is binne ʼn dag reeds honderde kere gedeel.

Daily Mail berig die verdagte is Jan Sivak (30) wat daarvan beskuldig word dat hy £4 500 kontant (ongeveer R77 000) en ander goedere uit ʼn wegneemete-winkel gesteel het. Sivak moes hom Dinsdag by die Bradford-landdroshof aanmeld waar hy op aanklag van inbraak sou verskyn. Toe hy nie opdaag nie, het die polisie hom by sy huis gaan soek.

Sivak het skuld ontken op die aanklag van inbraak, maar wel erken dat hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie en is vir 14 dae tronk toe gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Hahahahahaaaaaa!!!

O, ek lief lief lief Afrikaans met my hele hart. Geen ander taal sal die saak so mooi kan omsom nie!

Johan. H. ·

Dom… Maar wat het dit met on uit te waaie,, Is dit omdat daar wit bene onder die bed uitsteek… Moet julle gebalenseerd wees he mm he?

zahn ·

Lyk baie soos onse prez wat dink ons weet nie wat hy doen nie..

my 2c ·

As dit in SA was sou hy nog weggekom het en die SAP sou nie eers die bene sien nie.

Theresa ·

Hierdie lang bene van onreg kon toe nie die lang arms van die gereg ontsnap nie! Skoon verkeerde kant vd bed ingekruip. Hakke lyk goed versorg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.