Verkeerde huis platgeslaan oor Google Maps-fout

'n Skermskoot van Google Maps.

‘n Skermskoot van Google Maps.

ʼn Fout op Google Maps het glo daartoe gelei dat ʼn gesin van Dallas in die Amerikaanse deelstaat Texas se huis verkeerdelik platgeslaan word.

Die webtuiste Engadget berig dat die huis by Calypso-rylaan 7601 in Rowlett verkeerdelik op Google Maps aangedui is as Cousteau-rylaan7601. ʼn Boumaatskappy het die huis op Google Maps opgesoek en platgeslaan net om later hul fout agter te kom.

Volgens die webtuiste het Lindsey Diaz, die eienaar van die huis, gesê haar huis is soos vele ander huise in die buurt in Desember deur ʼn tornado beskadig. Sy het egter aansoek gedoen vir ʼn permit om haar huis te herstel, terwyl die huis in Cousteau-rylaan – ʼn blok verder – platgeslaan moes word.

Volgens Diaz het die maatskappy glo aan haar ʼn skermskoot van Google Maps gestuur om hul fout te verduidelik, maar niemand het nog om verskoning gevra vir die blaps nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dalene ·

Volgens Google maps is Forest Hill city in Centurion reg bo op die hoofweg. Tik bv beginpunt in as Jean crossing en Forest Hill City as eindpunt en sien die ompad wat jy moet ry.

humor ·

En wat nou???????? Dit laat my wonder of die eff nie n geheime tak in Texas het nie.

fred ·

Al die moord is die anc se regeerders se skuld,zuma hulle het nog nooit vir die moordenaars gese om op te hou nie.omdat hulle in dieselfde kraal is.wat my ontstel is dat as diere dood maak kry hul die doodstraf en nie die nander goed nie,nee hul word as beskermde spesies bewaar,en nog gevoed ook bo alles.in plekke van veilige bewaring (tronke)

anton ·

Ek verstaan nie waar joy kommentaat by hierdie stories inpas nie, Fred.

Mike ·

In Suid Afrika het ons 2 weke terug die Sun 1 hotel in Kimberley gesoek.
Op 2 fone op google Maps stuur die adres ons in die gopse in, in die middel van die nag.
Ons het behoorlik gesoek . Moes naderhand bel om die regte adres te kry. Toe ons daar opdaag moes ons hoor hulle is vol bespreek. Slaap toe oor in Airport hotel.

Rosa ·

Ek het al talle male twee foute op Google maps vir hulle aangedui en daar word net mooi niks daaraan gedoen nie. Dit is nou 3 jaar later en nog diesefde foute.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.