Verlore stad in Suid-Afrika ontdek

ʼn Verlore stad wat van die 15de eeu dateer is in Suid-Afrika ontdek.

ʼn Verlore stad wat van die 15de eeu dateer is in Suid-Afrika ontdek, maar nie naby Mier in die Kalahari soos die meeste oorlewerings lui nie, maar teen aan Johannesburg.

Baie inwoners was lank reeds bewus van die ruïnes en dit is ook al dekades deur argeoloë besoek. Die gevolgtrekking tot dusver was egter dat dit losstaande wonings was en selfs klein dorpies.

Aan ʼn stad met tot 10 000 inwoners wat tot sowat 200 jaar gelede by Suikerbosrand bestaan het, is nie gedink nie.

Dit is eers toe prof. Karim Sadr van die Universiteit van die Witwatersrand lugfoto’s, bekend as Light Detection and Ranging (LiDAR) vanaf 2014 ingespan het, dat die omvang van dié stad aan die lig gekom het. Altesaam 8 000 woonstrukture kon reeds opgespoor word, maar nie almal is noodwendig gelyktydig bewoon nie. Nog strukture wat deur plantegroei bedek word, mag nog opgespoor word.

Die stad is deur Tswana-sprekers bewoon en was nie die enigste Tswana-stad van dié tyd nie. Dit is wel die verste stad oos. Die vonds sal waarskynlik die studie opskerp om te probeer vasstel waarom die Tswana-sprekendes in die 15de eeu verstedelik het.

Lees meer hier.

Beeldmateriaal by http://www.foxnews.com/science/2018/03/22/lost-city-revealed-in-south-africa-using-laser-technology.html

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Verlore plaas ·

En na dié navorsing gaan vele grondbesettings en grondeise volg!
Verlore stad of verlore plaas vir sommige?

Andrea ·

O genade! Nou gaan daar seker nog vinniger grondeise teen al die eiendomme in daai gebied kom . Sug.
Onder normale omstandighede sou dit interessant gewees het

Marie ·

Ok so nou moet in elke geval amper die hele Europa aan Rome teruggegee word??? Belaglik om grondeise op vroeë besettings te baseer.Daar was ooreenkomste bv. na die Boere die Zoeloes verjaag het na Matabeleland,(Mosega se
Slag buite Zeerust),het die Tswanas of wat oor was van hulle na die Difeqana ,grond aan die Boere gegee. Is hulle woord dan niks werd nie?

Penellope Jones ·

Toevallig dat dit nou te voorskyn kom met die grondeiening-debakel!

Ian ·

O. En ek dog dat Swartes min of meer saam met Blankes die binneland beset het?! Dis nou natuurlik volgens tradisionele argeologie wat predik dat die Khoisan die eerste inwoners hier was. Laat mens wonder wie se breinkondisionering was nou eintlik korrek.

Piet ·

Khoisan is steen tydperk mense, Ian. Hulle het wel oor groot dele van die land beweeg. 200 jaar terug is noudie dag – baie lank na die koisan se eerste bewegings in SA. Aan potskerwe wat opgegrawe word (die kuns daarop) sal mens kan sien watter kultuur hier gewoon het. Mens sal egter nooit die waarheid hoor nie want informasie beweeg deur n politieke filter voor dit gepubiseer word. My raai sou wees dat die nedersetting nie so oud is soos beweer word nie.

Piet ·

Ek is seker maar dom… ek sien niks… lyk vir my meer na ‘n kiekie van die maan.

Bubbles ·

Ja, daar gaan my eiendom ook nou aan een of ander stam geskenk word.

Arabier ·

15de Eeu 200 jaar gelede??
In die 15de Eeu moes die Portugese na Vasco da Cama toestemming kry by die Arabiese Sultan om ford te bou by Sufala. Hulle had verspreide belange in suide en hoofsaaklik in Zimbabwe tot die 15de Eeu.

Root ·

Selle nonsens as dat die klip sirkels in die laeveld en “great zimbabwe” deur die natives gebou is- bog argeologie wat aan ons voorgehou word as feitelike wetenskap. Was dalk eerder n Anunaki goudmyn :)

Veritas ·

En hoe weet die slimjanne dat Tswanasprekendes die stad bewoon het? Het hulle ‘n biblioteek opgegrawe? Alles duimsuiery.

Paul ·

Nee hulle moes potskerwe, werktuie of so gekry het wat later geblyk het eie aan die ras was.

Maar iets het hulle weer die pad laat vat. Dus as die mens aan die suidpunt van Afrika sy oorsprong gehad het, Adam, Eva, eeue voor hulle, dan behoort SA mos universieel aan almal, die Iere, Skotte ens ens ens,die Russe, die Mongole, maar toe krap die toring van Babel als deurmekaar.

Selfs het mense na die noorde getrek, of dalk het hulle, na die ARK gestrand het, daar beland, die noordpool, die suidpool.

In Australie het hulle geleer om krieket te speel.

Frans ·

Hierdie “Stede” is baie ouer as wat hulle dit hier afmaak daar is hondede van hulle in Mapumalanga. Gaan google gerus vir Michael Telenger hy en ander is al jare besig met opgrawings. Die stede is nie eintlik stede nie aangesien daar geen deure of ingane is nie! Die vermoede is dat die strukture gebruik was on krag op te wek deur die aarge se klank golwe te boost. Gewoontlik verloor mens selfoon en Gps sein as jy die struktuur binnekom. Baie interissant en kom uit die tyd van Genesis waar daar na die reuse en nephilum verwys word.

buks ·

Root ek wil jou beter leer ken. Daai klip sirkels en rots kuns praat nie eers van San tekeninge wat wereld weid voorkom nie. My sel 0721531499

Bubbles ·

Ouens, dink julle nie dis onsmaaklik om hierdie tipe grappies vóór 1 April te druk nie?

DC ·

Die klipkrale in die Suikerbosrant, Klipriviersberg en Melvillekoppies is lank reeds bekend. Dis vergesog om dit met n stad of selfs die Inka-nedersettings in Suid Amerika te vergelyk. Groot dele is gebruik om vee te beskerm. Met die defekane is die mense uitgemoor. Min of geen soortgelyke nedersetting is daarna elders herbou. Netso word daar min meer as as n paar potskerwe by die nedersettings gevind. Grondeise hieruit voortspruitend is net so belaglik as om te dink Merkel gaan my n huis en plaas in Noord Duitsland gee na drie eeue in Afrika.

Elize ·

Nee wat, hulle gaan my beslis nie oortuig hierdie ene is waar nie.

Natosha ·

Hierdie is nou weer net n maklike manier vir BLF om grondbesetters aan te huts.

Annika ·

Verlore stad? daar word elke dag boere vermoor en daar is wit mense met grade in wit plakkerskampe sonder water en elektrisiteit en ons mors ons tyd om ‘verlore stede van die 15de eeu’ te ontdek terwyl daai grond binne-kort aan die regering gaan behoort? Mense van Suid-Afrika waar is julle prioriteite?

willie ·

Annika, jy weet mos ons ou nasie sal hom eerder besig hou oor die gepeuter van ñ krieketbal en stok ou krale as om hul energie te spandeer op Rome wat brand! Ons volk se voort bestaan word bedreig dan mors ons tyd op onbenullighede!

JoeV ·

Nou wonder mens waaraan die taal nou juis toegeskryf word, was daar geskrifte teen die mure? Bou styl dalk?

JoeV ·

Let ook op dat die video dui aan dat 800 bou strukture en nie 8000 soos in die berig daar gevind is, dalk tikfout.

Valkoog ·

Beide die video en oorspronklikke berig noem dat 800 woonstrukture gevind is, nie 8000 nie.
Maar meer opvallend is die getal van 10,000 in 800 woonstrukture. Skoon ouers, ouers en kinders in dieselfde huishouding…gun wonder die stad het nie oorleef nie.

Debbie ·

dit was dalk wit mense wat hier gewoon het en nie swart nie? so hkm sal swart mense dit dan wil oorneem ad dit bewyse is WIT was eerste hier?

Piet Pompies ·

Uiteindelik, nou kan die Swanepoel’e ook grond kry sonder om daarvoor te betaal. Die Swanepoel familie is afstammelinge van die Tswana boorlinge. Ek kies die stukkie grond die naaste aand die swembad by die Forever resort in Suikerbosrand. Los asb die water in die swembad, die sleutels in die trekkers en bakkies, ek wil dit gebruik….

Hein ·

Ja ja – hulle sal nog met die dialek wat hulle gepraat het, asook eiendoms-aktes , vorendag kom.

Johan ·

Feit is daar is klomp rotse ontdek wat LYK ASOF dit moontlik ‘n nedersetting / stad / stat of iets in dier voege was. Die res is alles die INTERPRETASIE van die Professor – 800 huise, 10 000 mense en die groot vraag: “Hoekom het die Tswanas van daai tyd sg “verstedelik””?

Ek is nie ‘n kenner op die mensdom nie, maar die “verstedeliking”-teorie klink my maar baie verdag. Is dit nie bloot maar net ‘n natuurlike verskynsel nie? Kan dit bewys word dat dit inderdaad deur mense gebou is? Wie dink die Prof het die Drie Rondawels by Magoebaskloof in Mpumalanga “gebou”? Gaan die nuwe tegnologie wys dit was “reuse” wat daai tyd daar gewoon het en toe uitgesterf het?

Jammer om dit te sê maar ek val nie maklik vir die storie nie.

Jane Bienedell ·

Ek het ookal n pot na my kamp in Wolkberg jaare gelede verloor. So iemand wat dit nou kry weet, dit is nou my grond.
Net omdat iemand n Tswana pot in n viehkraal gevind het wat miskin oor n vuurplek gehang het bewys nog steeds niks van n neersetting. Bewyse word geskep van n beskawing met oorsprong in Afrika van mense wie salarisse ontvang van die goverment. Hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.