ʼn 82-jarige man wat drie jaar gelede sy trouring verloor het terwyl hy tuingemaak het, het dit op ʼn onverwagse manier teruggekry.
Die man van Bad Müenstereifel het onlangs wortels uitgetrek toe hy ontdek dat sy trouring aan een van die groente vasgegroei het, het WDR berig. Die wortel het sowaar deur die trouring gegroei en sodoende verseker dat die ring weer met sy regmatige eienaar verenig word.
Die man se oorlede vrou het altyd geglo hy sal dit terugkry. Sy is ses maande gelede oorlede.
Die paartjie was 50 jaar getroud.
is it nie wonderlik nie dit is ‘n sprokie
Wat jy saai sal jy maai ;-)
Lyk my nie hy maak baie goed tuin nie, die ring was beswaarlik 5cm onder die grond (as jy kyk na die dik gedeelte bo die ring, wat die bokant van die wortel uitmaak), wat vir my aandui dat hy vir 3 jaar nooit dieper as dit gespit het nie. Wel ja, met dit ingedagte, dink ek dat iets hier nie lekker is nie, miskien ‘n wolhaarstorie?
Al gehoor van as jy nie iets goeds kan se nie hou jou mond?
Ek dink dis heeltemal moontlik dat dit gebeur het ou Koos. Die oom het dalk meer as een maal die grond (diep of vlak) omgespit en die ring nooit gesien nie want dit was in die grond. Toe hy wortels saai het die wortelplantjie afwaarts deur die ring gegroei. Dis mos nie te sê hy het nooit dieper as 5cm gespit nie, die laaste maal se spit het die ring waarskynlik nader aan die oppervlak gebring.
Rêrig Koos1….?!? Is die omie se tuinmaak-vaardighede wraggies al kommentaar wat jy kan lewer op hierdie “goed-voel” berig? Ek neem aan jou spit-vaardighede gaan nog uit die boonste rakke wees op 80+ jarige ouderdom…..
SEKER WORTELKOEK GEHAD OP SY TROUE.
Hahahaha; inderdaad!! mooi ou storietjie die; maar vat dit ook met n knippie sout.
Wat ‘n mooi storie, sooooo bly vir hom !
En julle almal wat so negatief is – REGTIG ????????
Het ook met my tannie gebeur jaaaŕree terug. Het dit ook gesien as kind en ja, het JY ooit ‘n groentetuin. Hoekom se negatief, of sal jy eerder van ‘n moord wou lees. Siestog!
Al gehoor van God se Wil? Julle wat so sinies en negatief is?
Ek neem aan dit is ‘n “one carrot” diamand ring as ek so na die een foto kyk.
Skerp TM, skerp!!!