Vermiste hond meld self by die polisie aan

Chico by die polisiestasie (Foto: Support Our Permian Basin Police Officers/Facebook)

ʼn Hond het self by die polisie aangemeld toe hy verdwaal het.

Chico het ewe by die Odessa-polisiestasie in Texas in die VSA ingestap en met sy voorpote op die toonbank gaan staan – asof hy homself as vermis wou aanmeld.

Sers. Rusty Martin was een van die eerste beamptes wat die oulike Chico ontmoet het – en hom graag wou help. “Hy het glad nie beangs gelyk nie. Dit was asof hy net deur die buurt gestap en by die polisie aangemeld het om die beamptes se dag op te kikker,” het Martin gesê.

Chico het “baie liefde en aandag gekry” terwyl beamptes sy saak ondersoek het. “Ons het ʼn tennisbal gehad en dit ook in die voorportaal vir hom gegooi. Almal was dol oor hom.”

Daar was egter ʼn probleem: Chico se naambordjie was nie meer op sy halsband nie. ʼn Veearts is ontbied om te kyk of Chico dalk met ʼn mikroskyfie gemerk is, maar nog voor hy kon opdaag, het Chico weer ongesiens uit die polisiestasie verdwyn.

Chico het gelukkig intussen onthou waar hy bly en het teruggehardloop huis toe.

“Sy eienaar het ons die volgende dag gekontak om te sê dis sy hond en hy is veilig tuis. Hulle bly ongeveer ʼn myl van die stasie.”

Die Facebook-blad Support Our Permian Basin Police Officers het geskerts: “Ons dink hy wou vir ʼn K-9-posisie aansoek doen.”

Lees meer: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Daardie polisiestasie lyk baie anders as in Suid-Afrika. Kyk net na die vars blomme op die toonbank. Hier sal hulle die hond en eienaar arresteer omdat hy ‘n obstruksie is, het dit persoonlik meegemaak.

Leonie

Ag my Moeder hy is te oulik. Dis nou ‘n nice storie weg van moord & roof af. Dankie Maroela. Wonder of die vensters bullet proof is. Tyd dat ons Polisie stasies ook opgeknap word en vriendelike mense kry wat die publiek help en nie sit en slaap of raas nie…

Antjiepat

Ag mamma se honde jy te oulik.. net jammer jy so ver anders het ek vir jou lekker honde koekkies gebak

VanAfrika

Chico, jy is te cute vir woorde

Irma

Sjoe, kyk net hoe netjies is hierdie polisiekantoor. Hierdie is ‘n baie slim hond om homself te gaan “aanmeld” by die polisiestasie.