‘Vermiste’ man help soek na homself

Beyhan Mutlu (Foto: Vaziyet/Twitter)

Beyhan Mutlu van Turkye, wat as vermis aangemeld is ná hy besope van sy vriende af weggedwaal het, het later by ʼn groep mense aangesluit wat owerhede gehelp het om na hom te soek.

Plaaslike media berig die 50-jarige Mutlu, wat in die Inegöl-distrik noordwes van die Bursa-provinsie woon, is Dinsdag as vermis aangemeld. Hy was besope toe hy in ʼn woud van sy vriende af weggedwaal het, het die Daily Sabah berig.

Sy vrou en vriende het hom as vermis aangemeld toe hulle hom vir ʼn paar ure lank nie in die hande kon kry nie.

Hy het later by ʼn groep aangesluit wat owerhede gehelp het om na ʼn vermiste man te soek.

Toe lede van die soekparty sy naam begin roep het, het hy geantwoord: “Hier is ek!”

Hy het ʼn beëdigde verklaring by die polisie afgelê voor hulle hom huis toe geneem het. Dis nie duidelik of hy hoegenaamd beboet sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
piet

Ja nee kyk, drank is ‘n lelike ding.

Misky

Nou lekker gelag!!!! Sy vrou hom seker met pan bygedam toe hy by die huis opdaag – ha ha ha

Wielspore

Lekker humor vir ‘n Vrydag, ek soek na myself!
Hier in SA gebeur dieselfde…. die polisie man sal soek na die transito rower terwyl hy weet dat hy self die geld geroof het.

Witwolf

Reken net, jy is so verdwaald dat jy jouself vind!

Skappie

Hierdie het my Vrydag gemaak. So lekker gelag.