Vernoem ʼn kokkerot na jou eks!

Maak ‘n meerkat se Valentynsdag spesiaal en voer vir hom ‘n kokkerot wat na jou eks vernoem is! (Argieffoto: Barni1/Pixabay)

As jy nog omgekrap is oor ʼn vorige romantiese verhouding wat verbreek is, dan kan jy dié Valentynsdag iets spesiaal doen.

Die El Paso-dieretuin in El Paso, Texas, sal ʼn kokkerot na jou eks vernoem en dit dan regstreeks aan ʼn meerkat voer op die “Quit Bugging Me”-geleentheid op 14 Februarie, het dié dieretuin op sosiale media aangekondig.

“Wat is die perfekte Valentynsdaggeskenk? Om ʼn kokkerot na jou eks te vernoem, natuurlik! Stuur vir ons jou eks se naam en ons sal ʼn kokkerot na hulle vernoem.”

Die Facebook-blad beplan om op Valentynsdag regstreeks op sy meerkat-kamera die kokkerotte aan die meerkatte te voer.

Sarah Borrego, geleentheidskoördineerder vir die dieretuin, het gesê die meerkatte verorber graag kokkerotte.

Jy kan jou eks se naam en eerste letter van die persoon se van aan die dieretuin op sy Facebook-blad stuur.

Omdat die projek so gewild is (meer as 1 500 name is al ingedien), sal slegs ʼn paar kokkerotte aan die meerkatte gevoer word. Elke meerkat kry slegs een insek en van die ander diere, wat ook graag kokkerotte vreet, sal ook aan die fees kan deelneem.

El Paso-dieretuin is nie die enigste dieretuin wat só diens aanbied nie. Vir £1,50 sal die Hemsley-bewaringsentrum in Engeland ook hul kokkerotte na jou eks vernoem.

By die Bronx-dieretuin en New York en Zoo Boise in Idaho sal jy ongeveer $10 moet opdok, maar jy kan dan ‘n kokkerot na ‘n geliefde vernoem. “Lank ná die sjokolade geëet is en die blommer verwelk het, sal ‘n kokkerot bly voortbestaan,” sê die Bronx-dieretuin.

Die dieretuin in Sydney, Australië, bied jou die geleentheid om ʼn slang na jou eks te vernoem.

UPDATE: We had a tremendous response in 2019! Keep in mind that this post applies to our promotion in 2019. Stay posted…

Posted by El Paso Zoo on Monday, February 4, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann cb ·

Foeitog, die arme kokkerot kan mos nie só swaar gestraf word nie!

ANA ·

Agge…neeee…wát !
DÁÁÍ mag,sal ek aan géén mens oorhandig,om mý te domineer, met woede en onvergifnis nié!!!
ARME ONSKULDIGE kokkerot ??

Maria ·

oulik kommentaar en storie dit n goeie idee klaar in my gedagtes ha,ha….

Andre ·

Ek gaan sommer vir my n kokkerot benoem en met DOOM spuit ……..sommer die vlieeplak ook inle .

Nika ·

hahahaha Andre ek stem saam, om die kokkerot te DOOM en jou vlieeplak in te lê gaan jou meer satisfaksie gee as om te sien hoe hy ge eet word.

berg-heks ·

My eks is en was ‘n berg-heks. Maybe volgende jaar iets doen om almal wat ‘n berg-heks gehaat het. ‘n naam te gee en vir die varke voer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.