Vernuftig! Hondjies klim die heining

Skermgreep uit die video

Video’s op Twitter wat wys hoe honde uit aanhouding ontsnap, is baie gewild.

Dit het begin met ʼn hondjie wat die heining bestyg in een van die grootste ontsnappingspogings wat ooit op beeldmateriaal vasgelê is. Hy het met sy vindingrykheid ook ander geïnspireer om te ontsnap.

In die 18 sekonde lange video kan mens sien hoe die hondjie sonder moeite die heining klim. Ander honde het ook probeer – en een kon selfs oor die heining kom.

Die video is verlede week op Twitter gedeel deur die gebruiker “Buitengebieden” met die byskrif: “Die rebellie begin vandag …” Die video is reeds meer as 2,7 miljoen keer gekyk.

Die persoon het die volgende dag nog ʼn video gedeel met die byskrif: “Die rebellie duur voort …” waar nog ʼn hond ook die heining uitklim, die dak van die hok lig en dan ontsnap.

“Honde is so slim!” het iemand in die kommentaar geskryf. “Ek hoop die hondjie kry gou ʼn vir-altyd-huis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sandra ·

Siestog, toe hy bo kom toe kon hy nie verder nie want sy bene is te kort. Hy het aan die ontsnapplan gedink en die Seluki’s help hom nie eens nie, sies vir hulle.

Faraway ·

As honde kon praat . . . sou baie van ons lang trane gehuil het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.