Verveeld? Dié webwerwe kan help

Argieffoto (Foto: Picography, Pixabay)

Is jy soms verveeld en wonder wat om te doen of het jy net ʼn paar minute wat jy wil omkry? Dié webwerwe kan jou uit jou penarie help en van die webwerwe is boonop opvoedkundig!

1. Geo Guesser
Leer meer oor verskillende lande deur leidrade in ʼn foto te gebruik en te raai waar in die wêreld dié ligging is.

2. The Faces of Facebook
Facebook onthul die profiele van sy meer as 1,2 miljard gebruikers op dié webwerf. Jy kan op enige plek inzoem die spikkels van nader bekyk. Loer gerus of jy dalk jou eie of enige van jou vriende se profiele kan opspoor!

3. Stars
Die heelal in jou webblaaier! Zoem in en reis deur die heelal.

4. You’re getting old
Tik jou (of iemand anders) se geboortedatum in en kry allerhande interessante feite oor die tyd wat jy al leef. Dis oulike inligting wat jy ook kan gebruik indien iemand verjaar.

5. Gravity Points
Leer meer hoe gravitasie werk met dié interessante webwerf. Klik enige plek op die bladsy, en klik dan ʼn tweede keer naby aan jou eerste gravitasiemassa.

6. Find the Invisible Cow
Leer meer hoe jy ʼn voorwerp (in die geval ʼn onsigbare koei) kan vind deur klank te volg. Hoe nader jy aan die koei kom, hoe harder sal die klank raak. Indien jy seker is jy het die koei gevind, kan jy klik en die koei sal verskyn. (Wenk: Jou muis verander vir ʼn oomblik van ʼn pyltjie na ʼn handjie indien jy bo-op die koei staan.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.