‘Verveelde tieners’ kan die wêreld verander

TheScientistFacts/Instagram

Daar is ʼn nuwe uitdaging op sosiale media wat die kans het om die wêreld te verander.

Danksy sosiale media kan mense wêreldwyd aan dieselfde “hutsmerk-uitdaging” deelneem en jy kan internasionaal met jou poging spog. Een van die bekendste uitdagings is “Movember”, waar mans in November ʼn snor kweek vir bewusmaking oor mansgesondheid. Dié uitdaging het in 2003 begin.

In 2014 was daar die ALS Bucket Challenge, waar jy uitgedaag is om ʼn emmer yswater oor jouself om te keer. Ongeveer $115 miljoen is wêreldwyd vir ALS ingesamel (bekendes soos Mark Zuckerberg en Bill Gates het ook aan dié uitdaging deelgeneem).

In 2013 was daar die Harlem Shake – ʼn 30 sekonde-video waar ʼn persoon, wat ʼn masker of valhelm dra, skielik tussen ʼn niksvermoedende skare begin dans.

Dan was daar ook die kaneel-eet-uitdaging, die “running man”-uitdaging en natuurlik die “mannekyn”-uitdaging wat sosialemediagebruikers opgesweep het om deel te neem.

Die uitdaging, #CleanUpChallenge (ook bekend as die #TrashTagChallenge), is tans gewild op sosiale media en dit het die vermoë om ʼn verskil te maak aan die omgewing. Die uitdaging het aanvanklik in 2015 begin, maar het onlangs eers weer kop uitgesteek en vlamgevat op sosiale media ná die gebruiker, TheScientistFacts, verveelde tieners op sosiale media aangemoedig het om aan die uitdaging deel te neem.

Die uitdaging behels om ʼn plek te kry wat met rommel besaai is; ʼn selfie te neem waar jy by die gemors staan; alles op te ruim; en dan weer ʼn selfie te neem om te wys hoe jy die gebied opgeruim het!

Lees meer: GoodThingsGuy.com en Mashable

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zettie ·

Als goed en wel, maar ek verstaan glad nie die opskrif nie.

Botterblom ·

Gelukkig is daar mense wat die wereld wil verander . Ongelukkig is daar altyd mense wat nog die 1 papiertjie wat bly lê sal raaksien soos omtrend almal wat op die spelfoute gelet het ens. Dalk as elkeen hulle visie verander na die sakke vol rommel en nie die 1 klein foutjie of spelfoutjie(taalfoutjie) nie sal daar letterlik meer son deurkom en in mense se harte skyn. Om my woon so baie klakouse wat letterlik dit hul werk maak om te kla oor iets… Dit kos ‘n halwe woord vir sekere en soms pyle, kringetjies en hope prentjies vir ander om goed te verstaan en dit in te sien; aangesien hul harte al so donker en verbitter is en selfsug hulp omring. Die eie ek is groter as ‘n aarde vol mense met hartseer en diepte… Ryk uit en geluk sal jou outomaties volg… As ek dalkies nie eg afrikaans getik het of êrens ‘n spelfoutjie gemaak het en jy let daarop, besef jy het my boodskap gemis en ek sal jou snedige,sarkasties, eie ek antwoord met hartseer lees en hoop daar iemand wat jou ‘n drukkies sal gee om daardie donker in jou hart te lug sodat die lig uit jou kan skyn… Hierdie berig is vir my sonskyn en “Al” jy deel in daardie sonskyn….

Al ·

Tipp-ex net die tweede “kan”dood op jou skerm en lees die berig. Hou op om altyd die negatiewe te soek in elke berig. Dit is mense wat die berig skryf en hulle is geregtig om foute te maak. Lees verby dit en kyk na die inspirasie wat die tieners gekry het om ‘n verskil te maak. Dit is mos baie meer werd as om te kerm oor ‘n ekstra “kan”in die opskrif!! Welgedaan aan die tieners wat ‘n verskil probeer maak deur die uitdaging te doen. Ek hoop daar is tieners in ons mooi Suid-Afrika wat ook die berig lees. Ja oompie Dredd, dit gaan nie om ‘n taalverandering nie, maar om ‘n mentaliteitsverandering!!

Zettie ·

My Tip-Ex is klaar. Kan ek joune leen? O, toemaar. Nie meer nodig nie dankie. Die opskrif lees nou beter.

Nika ·

@maroela media, dink julle moet die opskrif verander, ‘Verveelde Tieners’ sal die wêreld kan verander of ‘Verveelde Tieners’ kan die wêreld verander

charmaine ·

Dink net hoe mooi skoon kan SA lyk met al die wat so by verkeersligte staan en bedel as hulle so n goeie daad kan doen.

Andre ·

Is dit nie iets wat ons elke dag moet doen nie, moet mens nou roem kry omdat jy jou buurt skoonmaak?

alida ·

Dit is ‘n wonderlike inisiatief en hopelik neem almal en ek bedoel alle rasse deel in die vakansie. Die negatiewe kant is natuurlik dat die tieners van vandag nie wil werk nie veral as hulle verniet moet werk. Kom ons hoop hulle neem deel.

amelia ·

My eerste gedagte ook gewees. en ja sommige sal dit sonder betaling doen. Ander moet altyd vir alles betaal word, want dit is glo werkskepping. Eintlik word niks geskep, dit is daar, doen dit net. lol

IK ·

Sjoe, daar is baie ink gemors met sommige voorgaande ‘common’-tare. Ek is onlangs deur ‘n swart mnr. uitgekryt en ge’f’ voor en agter tot hy uiteindelik vir my sê: ‘This is our country, not yours’. Ek antwoord met: ‘I can see that with all the filth and rubbish lying around’ terwyl ek om my beduie. Dit vat nou baie van my om sy ‘country’ skoon te maak maar ek doen dit waar ek bly en BASTA MET DIE RES!!!

Logika ·

‘n Wonderlike inisiatief en goeie beginpunt vir mense om hulle innerlike lewens ook op te ruim.

Nie net vir tieners nie.

Jeremia ·

Vroeër het mens papiere opgetel sonder om dit in reklame te omskep.
Kinders se rommelstrooiery pouses by hul skole bewys dat die basiese opvoeding tuis egter veel te wense oorlaat.
Trouens, te oordeel aan die papiere wat pouses begin rondlê, leef kinders hoofsaaklik op lekkernye. Baie van hierdie kinders se ouers kan dan glo nie skoolfondsgeld bekostig nie.
Só die norm het uitsonderlik geword dat individue hulle soos opgevoede mense gedra.

Botterblom ·

As dit help….. Jaaaa…. enige iets om almal te inspireer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.