‘Verveligste’ konferensie ooit

The Boring Conference. Foto: Facebook via The Boring Conference

The Boring Conference. Foto: Facebook via The Boring Conference

Die Europeërs het ʼn blink plan bedink om een keer per jaar weg te breek van die dikwels negatiewe nuus waarmee ʼn mens omring word met ʼn sogenaamde “Boring Conference” waar alles wat alledaags en gewoon is, bespreek word.

Dié konferensie is in 2010 deur die skrywer en legkaartmaker, James Ward, gestig in reaksie op die kansellering van die sogenaamde “Interesting Conference”.

Die sesde konferensie is vanjaar op 7 Mei in die Conway-saal in Londen, Engeland, gehou, en kaartjies is lank vooraf uitverkoop.

Ward sê dié konferensie is “ʼn een-dag-viering van die alledaagse, die gewone, die voor die hand liggende en vervelige. Onderwerpe wat bespreek word, word dikwels beskou as nutteloos, maar tog fassinerend wanneer dit bespreek word”.

Sprekers soos die fliekvervaardiger Tracy King, die skrywer Nicholas Tufnell, die fisikus Alby Reid, en die digter Edward Long, het vanjaar die gesprek gelei.

Onderwerpe wat bespreek is, is onder meer Oos-Duitse voetoorgangseine, papiersakke, lamppale, gehaltebeheer van toiletrolle en bakstene. Ander onderwerpe soos nies, roosterbrood, kasregisters, die geluide wat gemaak word deur dobbelmasjiene, strepieskodes, geel strepe in die pad en die televisieprogram Antiques Road Trip is ook al bespreek.

Beplanning vir volgende jaar se “Boring Conference” word lank vooruit gedoen.

Besoek hulle webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.