Vetties laat die boot sink

Skermgreep uit die video (Video: Josh Philips/Instagram)

ʼn Boot het gesink onder die gewig van twee seeleeus wat dit “gekaap” het.

Josh Philips, visserman en eienaar van Spawn Fly Fish, het in Desember iets vreemd opgemerk terwyl hy gevlieghengel het in Olympia, Washington. Van ver af het dit soos ʼn klein bootjie gelyk wat stadig besig is om te sink – en toe het hy die oorsaak gesien.

Twee Steller-seeleeus het hulself tuisgemaak op die boot, het Philips aan Popular Mechanics gesê.

Volgens die Marine Mammal Center is Steller-seeleeus die grootste soort seeleeu (mannetjies word tot 3,5 m lank en kan tot 1,120 kg weeg). Hulle leef langs die weskus van Amerika en die ooskus van Asië.

Die twee soogdiere het vermoedelik die boot vir ʼn rots aangesien – waar seeleeus gewoonlik rus en roofdiere soos haaie probeer ontduik.

Philips het ʼn video van die twee seeleeus op die boot op Instagram gedeel. “As daai ding nog drie visse vreet is dit neusie verby!” het hy gesê.

Hy het later boodskappe ontvang van verskeie mense dat die boot gesink het en het self gaan ondersoek instel. “Ek kan 100% bevestig; die boot is op die bodem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Judge Dredd ·

Laat my dink aan sekere mense wat economy class vlieg.

hannah van der merwe ·

Hoe het hulle op die boot gekom? Dit moes weke geneem het!!

SkaamteLOOS ·

Al wat ek kan se is age moeder mamma !!!! Dis nou ougat.. sorry vir die boot eienaar se verlies !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.