Video: 0 – 12 jaar oud in 2 minute 45 sekondes

Om elke oomblik van jou kind se lewe vas te vang is ʼn doel vir elke trotse ouer. Ma’s en pa’s maak foto-albums, stoor foto’s en video’s op rekenaar by die huis en maak selfs plakboeke.

Een pa het ʼn unieke manier ontdek om sy dogter se groei oor die jare heen dop te hou. Frans Hofmeester, rolprentvervaardiger en fotograaf van Nederland, het ʼn tydsverloop-video van sy dogter, Lotte, gemaak.

Hofmeester sê hy het van haar geboorte op 28 Oktober 1999 agter gekom dat sy só vinnig verander, dat hy elke oomblik wou vasvang.

“Ek neem Lotte elke week af,” sê Hofmeester. “Ek het gevoel ek moet dokumenteer hoe sy lyk om my geheue te verfris.”

Sy kort rolprent is reeds bykans deur 2,5 miljoen mense op YouTube gekyk. Die video begin met Lotte as ʼn baba, waar sy in haar wiegie op ʼn wit kombers lê. Elke geboortejaar word regs onder aangedui. Die wit kombersie verander later in ʼn wit agtergrond met Lotte wat gesels, en lag, en huil en verskillende haarstyle vertoon.

http://youtu.be/RtyqS68ViWk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.