Video: 102-jarige ry nog met haar 80-jarige motortjie rond

Die 102-jarige Margaret Dunning van Plymouth, Michigan, ry nog steeds met ʼn motor wat sy in 1949 aangeskaf het.

Dunning het as 8-jarige reeds op die gesin se plaas begin bestuur. Sy het dié 1930 Packard 740 Roadster in 1949 aangeskaf en deel in die video haar passie vir dié klassieke motor. Sy doen self die instandhoudingswerk en neem die Roadster gereeld na motorskoue. Sy besit ook ʼn 1966 Cadillac DeVille, ʼn 1975 Cadillac Eldorado-afslaankap, ʼn 1931 Model A-motor en ʼn 2003 Cadillac DeVille.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.