Video: 102-jarige sien haarself vir die eerste keer dans

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Alice Barker het in die 1930’s op ʼn verhoog saam met legendes soos Frank Sinatra, Gene Kelly en Bill “Bojangles” Robinson gedans, maar haarself nou eers vir die eerste keer self kon sien dans.

Alice het by klubs soos die Apollo, Cotton Club en Zanzibar Club gedans, sy het ook in talle rolprente, advertensies en televisieprogramme verskyn, maar sy het nooit enigiets daarvan gesien nie. Haar foto’s en herinneringe het ook deur die jare verlore geraak.

Mark Cantor van die webwerf, Jazz on Film, het egter drie insetsels opgespoor waarin Alice dans en hy kon dit uiteindelik vir dié 102-jarige wys.

“Hoe voel dit om jouself te sien?” wou iemand by Alice weet. “Ek wens ek kon hier uit die bed opstaan en dit alles weer van voor af doen,” het sy geantwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.