Video: 104-jarige swem saam met die haaie

Dorothy Yoemans (Skermgreep uit die video)

Dorothy Yoemans van Australië het met haar 104de verjaarsdag ʼn belangrike item op haar emmerlysie afgemerk: om saam met haaie te swem.

Sy het verlede jaar haar verjaarsdag met ʼn helikopterrit gevier. Op ʼn vraag waarom sy dié adrenaliengelaaide aktiwiteite aanpak, antwoord sy bloot: “Hoekom nie?”

Uniting Springwood, die tehuis vir bejaardes waar Dorothy woon, organiseer gereeld “positiewe lewenservaringe” vir sy inwoners. Een van die personeellede het gereël dat Dorothy by die Sea Life Sydney-akwarium saam met die haaie kan swem. Daar was ongeveer 30 haaie (hoofsaaklik Port Jackson-haaie) saam met haar in die tenk.

Sy het ná die tyd gesê dit was “wonderlik” en sy dink alreeds aan ʼn aktiwiteit vir volgende jaar.

Lees meer: The Islander Online

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AndreD ·

Ag dis wonderlik……..Tannie reel vir jou volgende lewenservaring ‘n piekniek in die KNP saam met die leeus.

HPV ·

Persoonlik dink ek op 104 is mens se liggaam te klein vir al die pyne en kan mens nogal sulke ervarings as ‘n uitkoms sien, selfs om valskem sonder ‘n valskerm te spring kan opwindend wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.