Die video volg onderaan die berig. Rick Mereki is ʼn onafhanklike rolprentmaker van Melbourne in Australië. Hy het in 2011 bekendheid verwerf met sy kort flieks Move, Eat en Learn.
Dié drie rolprente was van die video’s wat die vinnigste op die sosialemedia-videokanaal Vimeo versprei is.
In Move (sien video onderaan) het Mereki, Tim White en Andrew Lees binne 44 dae 11 lande besoek, 18 vlugte onderneem en altesaam meer as 61 000 km afgelê.
Die rolprente is vervaardig in opdrag van STA Travel Australië.
Klik hier om Rick Mereki op Facebook te volg.
MOVE from Rick Mereki on Vimeo.