[Video] 118 jaar oue skildery in Antarktika gevind

1899 Tree Creeper deur dr. Edward Wilson wat in Antarktika gevind is

ʼn Skildery, wat 118 jaar oud is, is in ʼn geskiedkundige hut in Antarktika gevind.

Dr. Edward Wilson, wat in 1912 saam met kapt. Robert Scott en drie ander gesterf het toe hulle van hul reis na die suidpool teruggekeer het, het dié waterverfskildery van ʼn klein voëltjie geverf.

Die skildery is deur die Antarktiese Erfenistrust van Nieu-Seeland, tussen ʼn versameling papiere gevind in ʼn hut by Cape Adare. Dié erfenistrust restoureer tans 1 500 artefakte uit die hut.

Die ontdekking van die skildery, “1899 Tree Creeper”, is tot dusver vertroulik gehou sodat die span daarop kon fokus om al die artefakte te restoureer.

Wilson was ʼn integrale deel van Scott se ekspedisies in 1911 en 1912 na Antarktika as ʼn wetenskaplike en mediese praktisyn. Hy was ook ʼn talentvolle skilder.

Lizzie Meek, programbestuurder van die trust, het gesê dit is nie duidelik hoe die skildery in Antarktika opgeëindig het nie. “Wilson het dit waarskynlik geverf toe hy in Europa aangesterk het van tuberkulose.”

Josefin Bergmark-Jimenez, een van die bewaarders, het gesê die skildery is steeds in ʼn uitstekende toestand omdat dit versteek was tussen ander papiere in donker, koue toestande. Dit is dus nie aan lig blootgestel nie. “Dit was eintlik die ideale manier om dit te bewaar,” het sy verduidelik.

Die 1 500 artefakte sal weer na hul oorspronklike plekke teruggeneem word, sodra die twee hutte by Cape Adare ook gerestoureer is.

Lees meer: BBC, NZ Herald en The Guardian

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tryn ·

dis ongelooflik. Nog ‘n rede waarom ek graag in NS sal wil werk, maar ongelukkig sal ek afgekeur word weens my gestremde kind…

afrikaanse onnie ·

Hy was ook n talentvolle skilder was. kry julle flater water.

Kiepie ·

My geskiedenis onnie was ook ‘n AfrikaanSE onnie, so ook my wiskunde-, skeinat- en selfs my Engels onnie. As jy die vak Afrikaans gee is jy ‘n Afrikaans onnie en nie (noodwendig) ‘n Afrikaanse onnie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.