Video: 12 dae van Kersfees: eg Suid-Afrikaans

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Suid-Afrikaners in die buiteland is gaande oor ʼn nuwe lied, wat op die oorspronklike “12 days of Christmas” gebaseer is, maar nou ʼn eg Suid-Afrikaanse baadjie aangetrek het.

Die lirieke is deur die “Horns” geskryf, dit is nie duidelik of hulle ʼn gesin of ʼn groep is nie.

“Six packs of Castle, five koeksisters, four frikkadels, three stukkies biltong, twee droëwors and a hadida in my tree,” sing die groep met musiek deur Instrumental All Stars.

Die oorspronklike lied is ʼn Engelse Kersliedjie wat oorspronklik in 1780 gepubliseer is en handel oor allerhande duur geskenke wat die persoon se “true love” aanstuur.

Indien jy die oorsprong van die Suid-Afrikaanse weergawe ken, stuur gerus ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.