Video: 12-jarige se tong sit vas aan vlagpaal

Maddie Gilmartin

Maddie Gilmartin

Die video volg onderaan die berig. ʼn 12-jarige meisie van New Hampshire in Amerika se tong het vir 15 minute lank aan ʼn vlagpaal vasgesit toe sy dit tydens ʼn sneeustorm probeer lek het, berig NYDailyNews.

Maddie Gilmartin het Donderdag glo spontaan besluit om “te kyk wat gebeur”, maar haar tong het dadelik aan die yskoue metaal vasgesit. Haar pa het gesien hoe sy by die vlagpaal staan en haar arms rondswaai. “Ek het eers besef wat gebeur het toe ek naby kom,” het Shawn Gilmartin, Maddie se pa, aan WMUR gesê. “Sy het dadelik probeer om haar tong weg te trek, en dit het begin bloei.

Shawn en sy vrou het glo ook met warm water probeer om haar van die vlagpaal te bevry, maar paramedici het later opgedaag en haar gehelp.

Sy sal na verwagting ten volle herstel, maar dit kan tot ses maande duur voor die swelsel sak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.