Video: 13-jarige se optrede verstom

Courtney Hadwin (Skermgreep uit die video)

Die 13-jarige Courtney Hadwin het beoordelaars by America’s Got Talent verstom en ʼn video van haar vertoning is binne ʼn week reeds byna 23 miljoen keer op YouTube gekyk.

Hadwin het skaam-skaam op die verhoog verskyn en aan Mel B., een van die beoordelaars van dié talentkompetisie, bely sy is op haar senuwees. Sy het egter die beoordelaars en gehoor daarna staande gehad met haar weergawe van Otis Redding se “Hard to Handle”.

“Jy was so skaam toe jy op die verhoog gekom het, maar toe jy begin sing, was jy ʼn leeu!” was Simon Cowell se reaksie.

Beoordelaar Howie Mandel was net so beïndruk en gesê sy is sekerlik van ʼn ander era. Hy het gesê hy was ʼn groot aanhanger van Janis Joplin en het verwys na ʼn storie wat hy op ʼn dokumentêr van dié sangeres gesien het. “Clive Davis het na die Monterey Pop Festival gegaan en hierdie jong meisie gesien wat niemand nog ooit vantevore gesien het nie; niemand het haar geken nie. Dit is die eerste keer wat iemand vir Janis Joplin ʼn platekontrak aangebied het, en dit het haar lewe verander. Ek kan nie vir jou ʼn platekontrak aanbied nie, maar ek kan vir jou die volgende doen …” en daarmee het Mandel die goue gonser gedruk.

Hadwin dring dus dadelik deur na die regstreekse uitsendings van dié kompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elize ·

Genugtig wat ‘n stem! Sy is fantasties met daardie klein lyfie

Nick ·

Nie eintlik nie , dit was als deel van n act , sy het wel baie talent maar as jy haar google dan sal jy sien sy het eintlik UK voice Kids deel geneem en tweede geeindig , sy tree al vir jare op !!

Danie ·

Sy mag maar Sing.
Wel gedaan.
Dit is verseker nie die soort musiek waarop ek sal geld uitgee nie.

Kiepie ·

Dis nie te betwyfel dat sy ongelooflik talentvol is nie maar ek kry al hoe meer die gevoel hierdie “skaam-dogtertjie-ontpop-in-‘n-diva-die-omblik-as-sy-die-mikrofoon-vat” is alles deel van die act want hulle het al in die verlede soveel keer gesien dit werk vir die beoordeellaars.

Klant ·

Dis definitief n act, sy’t 2de gekom op The Voice UK Kids.

Leeu ·

Glaaaad nie fake of opgeset nie. Die judges kan judge maar glad nie act nie.,

Emma ·

Baie goed,trane in my oe hoop jy bring dit nog ver. Voorspoed!!

L ·

Het niemand opgelet dat die beoordellaar God se naam ydelik gebruik? Moet ons as Christenne sulke vidios bevorder?

Suzette ·

Dit pla my ook erg, hierdi vervelige en lasterlike gebruik van God se Naam, maar dit het vir my geklink of di meeste van hul gesê het: oh my gosh! Dis darem ni heeltemal so erg ni.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.