Video: 15-jarige bedorwe brokkie kla oor $1 000-sakgeld per maand

Nina en Nicolette (Skermgreep uit die video)

Die 15-jarige Nicolette van Beverly Hills het by die Amerikaanse sielkundige en TV-persoonlikheid Dr. Phil gaan aanklop nadat haar ma haar sakgeld per maand van $5 000 tot $1 000 (meer as R13 000) verminder het. Sy erken sy is ʼn bedorwe brokkie.

Een van Nicolette se klagtes was dat haar ma nie vir haar ʼn Mercedes G-Wagen vir haar 16de verjaarsdag wou koop nie, “slegs ʼn Mercedes C-klas”.

Sy woon ook slegs ʼn aanlyn skool by sodat sy “self die tempo kan bepaal”.

Dr. Phil het vir ma Nina gesê dit is waarskynlik as gevolg van ʼn swak of verkeerde selfbeeld dat Nicolette dink haar waarde en stand in die gemeenskap word deur besittings bepaal. Op ʼn voorstel dat Nicolette dalk moet werk “om ʼn bydrae tot die gemeenskap te maak”, het sy krokodiltrane begin huil gesê: “I don’t want a job, it’s too much work!”

Dr. Phil het haar egter ook na ʼn sopkombuis gestuur om te help om haweloses kos te gee. Na dié ervaring het die persoon, aan hoof van die vrywilligers by die “Midnight Mission”, gesê Nicolette het haar eintlik goed van haar taak gekwyt – en dat sy tog bereid was om te help. Volgens hom het dit waarskynlik haar perspektief bietjie verander.

“Gee vir haar meer liefde, nie meer geld nie,” was Dr. Phil se raad aan Nina.

Die episode is reeds in Mei op Dr. Phil se program uitgesaai, maar dié bedorwe brokkie se reaksie en eise het intussen gebruikers op sosiale media se aandag getrek en word intussen wyd gedeel.

Hier is twee kort grepe uit die volledige episode:

Klik hier om te sien wat by die sopkombuis gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Prinses ·

Soos die entitled prinsesse wat in hoogsbetaalde regeringsposte “werk”, of hulle kinders.

geld ·

baie mense het die probleem dat hulle geld sien as liefde en as jy die geld terughou is dit liefde wat weerhou word. Meer as een persoon moet berading kry in die gebrekkige verhouding

Danie ·

Ek en ek is seker, ‘n hele paar mense sal met ‘n ekstra $1000 sakgeld ‘n maand kan klaar kom. Dit is meestal geld wat jy ontvang sonder om regtig daarvoor te werk.

MJ ·

Wow!! Die ma en die dogter het ‘n massive wake-up call nodig..
My twee dogtertjies maak bed op, spoel skottelgoed af, ruim hul speelgoed op en hul hou baie van karwas.. en die oudste een is maar net vyf jaar oud!

CAROL ·

Suzy daar stem ek 100% saam met jou. Dr Phil daar stem ek ook saam. Gee meer liefde en aandag aan mens se kinders

Iemand ·

R13000 per maand . Dis baie na aan die R14000 per maand (met geen pension, geen UIF en geen mediese dekking) wat die Universiteit van Pretoria betaal aan mense wat PhDs het….

christa ·

bedorwe brok. Sy kort ‘n verdomde loesing. Haar ma is ook nie onskuldig nie, hoekom het sy in die eerste plek aan haar so baie geld gegee. My seun het in matriek R5 sakgeld gekry

Ilze ·

My dogter kry glad nie sakgeld en help met als in die huis want sy weet as sy iets nodig kry sy dit SOLANK sy haar deel doen.

ES ·

Wonder of Nina my nie wil aanneem nie. Ek sal doodgelukkig met ‘n C-klas Mercedes wees en net $1000 sakgeld per maand…

Anoniem ·

Dankie dat julle my nou lekker laat lag het na ‘n uiters rowwe week by die werk…. ek het op ‘n stadium gedink die poppie gaan haar voete stamp en tantrum op die verhoog.

Debra ·

Goeie genade! Haar “sakgeld” is feitlik meer as sommige mense se maandelikse salaris! En dan wil dit nog ‘n BETER Merc hê… Lekker lag ek nou.

Ek blameer die Ma, sy het dit toegelaat. Hier in SA gaan dit in sommige huishoudings óók so; boeta en sussa word ingestop as hul hul vingers klap, en ma en pa is al the gehoorsaam en gee toe.

Geld en materiële dinge is NIE liefde nie.

Karolis ·

Meisiekind, jy kan bly wees jy is nie tannie Sarie se kind nie.

Mamma ·

Duidelik kom respek en dankbaarheid nie saam ‘n $1 000 sakgeld ‘n maand nie. Skielik voel ek soos die beste enkel mamma ooit, want ek is besig om iets reg te doen in my kinders se opvoeding. My dogter omhels my tot as ek vir haar ‘n paar pep sokkies koop van dankbaarheid. My kind is nie ryk aan sakgeld nie, maar wel ryk aan liefde en aandag en dit kos my niks.

Dina ·

Dit gebeur as ouers dink besittings is n plaasvervanger vir aandag en liefde. Ons kinders het nooit sakgeld gekry nie want ons het in hulle behoeftes voorsien. Toe hulle begin vra vir sakgeld het hulle soggens begin koerante aflewer en ons het hulle self op hulle roetes rondgery. Op die manier het hulle van kleins af geleer dat mens werk vir geld en ook hoe om daarmee te werk.

snoepie ·

Ek kry haar man eendag jammer. Hy gaan baaaaaie ryk moet wees om haar happy te hou.

Antionette ·

@Christa: watter jaar was jou seun in matriek? Mens kan vandag niks met R5 doen nie.

Emily ·

Nog dogtertjie wat as ouers se prinsessie groot gemaak word. Arme man wat haar eendag trou.

Sien dit al hoe meer, vroue wat dink dat man/pappa /mama gaan altyd sorg.

Ek is bly ek is “hard” groot gemaak, nog altyd gewerk vir als wat ek het en leer my seuns dieselfde. Hul help huis skoonmaak, in tuin, als. Kinders moet groot word met verantwoordelikhede!

Ek self is ‘n vrou wat 6 dae per dag werk in eie besigheid en maak tyd vir my kinders. Hulle sien dat hul ouers werk hard, maar maak tyd vir gesin ook en “lekker dinge” wat nie altyd geld hoef te kos. Piekniek in parkie, fietsry, wegkruipertjie speel ens. Jy kan nie net kinders geld instop en dink dit maak als reg nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.