Die Maleisiese kulkunstenaars Avery Chin en Sylvia Lim hou nou die nuwe rekord vir die meeste “kostuumveranderinge” in die Guinness World Records nadat die paar saam sowat 18 kostuums in minder as een minuut “verander” het.
Die reëls is eenvoudig: Die kunstenaars moet ná elke “onthulling” ʼn heeltemal ander kostuum as die vorige een dra, en daar mag ook geen tekens van die vorige kostuum wees nie.
Daar ís egter ʼn truuk, aangesien dié verandering van kostuums pure oëverblindery is. Die kostuums is as’t ware oormekaar aangetrek, en die geheim lê daarin dat die gehoor nie kan sien hoe die kostuum verander word nie.
Kan jy sien hoe die kostuums geruil word?
Liewe krismis vader, dit neem veel langer vir my om net my pejakkies vir klere te ruil.
Goeie genade, as ek so vinnig kon aantrek in die oggende sou ek nooit laat wees vir werk nie!!!! Welgedaan, veral die laaste gedeelte!!!!!