Video: 22 000 Kersliggies, 10 liedjies

Duane en Linda Brown van Virginia in Amerika het hul huis met 22 000 liggies versier.

Die liggies is gesinchroniseer om tot 10 verskillende feesseisoenliedjies te speel, insluitend Dueling Jingle Bells deur die Amerikaanse vlootorkes. Die gesin het met ‘n klein liggievertoning in 2007 begin, en die volgende jaar uitgevind dat mens die liggies kan ‘sinchroniseer’. Die uitstalling is na Duane se ouerhuis geskuif wat ‘n groter erf het, en vandaar het die vertoning elke jaar gegroei. “Dit is ‘n familiepoging. Selfs die kleinkinders, broerskinders, susterskinders en neefs en niggies is betrokke,” het Duane gesê. Die liggievertoning is elke aand tussen 17:30 en 22:00 tot 4 Januarie 2013 te sien. Alle skenkings vir die huis gaan aan Fredericksburg se voedselbank. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.