[Video] 30 dae in die lewe van ʼn vragskip

Skermgreep uit die video

Die wêreld se oseane is onbegryplik groot, en dit word al hoe meer duidelik in dié ongelooflike tydsverloopvideo van ʼn vragskip se reis oor die loop van ʼn maand.

Die YouTube-gebruiker JeffHK het 80 000 foto’s oor ʼn 30 dae periode geneem en dié 10 minuut lange video gepubliseer. Maak die skerm gerus volgrootte en geniet die reis saam met die skip. JeffHK publiseer ook inligting onderaan die skerm sodat jy presies weet waar die skip vaar. Beleef die verkeer op die see, kyk hoe vaardig die skip in die hawe ingelei word en die yslike vraghouers afgelaai word. Beleef ook die melkweg, storms op die see en sien selfs hoe ʼn volmaanaand dit laat lyk of die sterre bedags skyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Albaster ·

Baie mooi video. Dink net hoe mooi iets soortgelyks op n boing sal wees.

Christine ·

Dit was nou sowaar n’ lekker trippie! en die sterre so pragtig

Justice ·

Gelukkig kon die vragskip darem uit die pad van Amerikaanse oorlogskepe bly op hierdie interessante vaart – touch wood!

A ·

Lekker saam gery en baie geniet. Kyk net hoe maak Hong Kong daai see leeg.

AP ·

Moet tog nooit ophou om die videos te maak nie, dit was so pragtig die sterre veral.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.