Video: 4-jarige se ‘troue’ roer die hartsnare

Abby saam met Matt. Foto: Facebook

Abby saam met Matt. Foto: Facebook

Renee Sayles was effens onkant gevang toe haar vierjarige dogtertjie, Abby, haar meedeel sy gaan trou.

Times Union berig dat Renee toe vir Abby gevra met wie sy gaan trou. Haar antwoord was: “Matt.” Matt Hickling is ʼn 29-jarige verpleegster by die Albany Medical Centre in Albany, New York waar klein Abby chemoterapie kry nadat leukemie in Oktober by haar gediagnoseer is.

Renee het ʼn teksboodskap vir Hickling gestuur en hy het dadelik aan Abby se ‘droomtroue’ begin reël. Troukoors het Abby glo beetgepak nadat haar oom, haar pa Steve se broer, verloof geraak het aan haar ma se beste vriendin.

Op ʼn vraag aan Abby oor hoekom sy van Matt hou, het sy skaam geantwoord hy is vriendelik en aantreklik. Abby is Donderdag na die hospitaal vir haar behandeling en is daarna na ʼn leë kamer geneem waar haar twee ‘blommemeisies’ vir haar gewag het voor hulle haar ‘bruidegom’ gaan soek het.

Abby se pa was nie die dag saam by die hospitaal nie en haar ma het haar weggegee. ʼn Video van die ‘seremonie’ is wyd op Facebook gedeel en is al meer as 20 miljoen keer gekyk.

[wpvideo hijvJ2ay]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet. Schabort ·

Sjoe, nou loop die trane . . .
Veels geluk kleinding.

Berhalet Beukes ·

Trane… Want die lewe kan soms so ongekompliseerd wees en tóg is dit gekompliseerd… Poplap, jy… Is ‘n klein engeltjie van GOD en jy…. Matt,verstasn dinge wat meeste mense net droom om te verstaan!

martin ·

dit het nou my hele sondag omgekrap, kan niks meer lees nie , so snaake wasem in my oe!!

Yolande ·

Ek weet darem nie, julle. Hierdie storie laat my ongemaklik voel.

Dis vreeslik tragies dat sy in die hospitaal is vir leukemie. En dis oulik die kleine meisietjie met iemand wil trou – en natuurlik die redes wat sy gee.

Maar hoe stem ouers in vir so iets? Dis maar net ‘n speel-speel troue, maar nogteeds. Wat nou? Verbeel die kind haar hulle is nou man en vrou? My kinders (5 & 7 jaar oud) het baie keer ook al gevra om met ons te trou – my seuntjie wou al met my trou, en my dogtertjie met my man. Partykeer wil hulle sommer met mekaar trou, omdat hulle vir mekaar so lief is. Maar dan verduidelik ons natuurlik net hoe die lewe werk en met wie mens mag trou.

Die huwelik is ‘n groot, ernstige ding en dit is ons verantwoordelikheid om vir ons kinders leer om dit ook ernstig ook op te neem en te verstaan.

mandie ·

Danki Matt jyt n klein engeltjie se hartjie bly gemaak. Sy gaan reeds deur gaga en die ou hartjie is so verbrokkel. Sy het bietjie opwindendheid nodig. Ja dis we’ll te klein maar daars geen “harm” daar in nie, dis mos nie dat Matt nou saam haar gaan slaap nie. Nee rerig hou julle sarkasme vir julle self en gun daai bloeiseltjie ok bietjie geluk. Abby jys sweet poppie hoop jy word gou gou gesond. Ons sal vir jou bid. Pragtig vir woorde ne.

Venessa ·

Ag wat `n wonderlike gebaar van hierdie jongman. Om `n klein ding wat dalk nooit eers tot trou gaan kom nie, se droom te bewaarheid.

Ek het soveel respek vir hierdie mediese personeel wat met hierdie diep emosionele dinge moet deal elke dag.

Dis vir my awesome!!!
Ek het hierdie berig en video so baie geniet..
Maak mens se blou maandag sommer vol helder kleure.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.