Video: 90-jarige liggaamsbouer steeds gereeld in die gim

Jim Arrington (Foto: Guinness-wêreldrekords)

Die oudste liggaamsbouer in die wêreld is die Amerikaner Jim Arrington. Hy het oor die dekades heen sy liggaam gebou en dit lyk nie of hy binnekort die gewigte gaan neersit nie.

Volgens Guinness-wêreldrekords het die afgetrede verkoopsman en oupagrootjie in 2015 vir die eerste keer in die rekordboek verskyn toe hy 83 jaar oud was.

Die 90-jarige Jim is nog steeds aan die gang en wen steeds liggaamsbou-kompetisies. Hy het onlangs aan die IFBB- professionele liga in Reno, Nevada, deelgeneem en derde plek gehaal in die mans bo 70-kategorie. Hy was eerste in die kategorie vir mans bo 80.

Jim is ʼn maand en ʼn half vroeggebore en het 2,49 kg met geboorte geweeg, maar was sieklik en sy ouers het “gesukkel en gesukkel” om hom aan die lewe te hou, het hy gesê.

Hy het as kind ook aan asma gely en was “baie ongesond en gereeld siek”.

In 1947, toe hy 15 jaar oud was, het hy besluit hy kan nie meer só leef nie en het die gewigte begin optel. “Ek wou ʼn superheld word,” sê hy.

“Ek het al hierdie ouens met hulle fantastiese liggaamsbou gesien en ek het geweet die enigste manier hoe ek dit sal maak, is as ek almal sal oorleef – en dis presies wat ek gedoen het!”

Volgens hom het ʼn Guinness-wêreldrekord ʼn “hele nuwe wêreld” vir hom oopgemaak en dit inspireer hom om aan te hou.

“Ek geniet dit baie. Ek sou graag wou sê dat almal dit moet doen, maar daar is net ʼn paar mense wat dit regkry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sandra ·

Baie knap gedaan. Spiere met rimpels, ek weet nie of ek daarvan hou nie. Maar dis sy passie so baie goed gedoen.

Sandra ·

hy is gesonder as ek en jy, onageag die plooie. ek haal my hoed af vir hom

Niklaas ·

Ek is sommer baie jonger as hy , maar hy lyk net eenvoudig baie beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.