Video: 96-jarige se liefdeslied getoonset

Die video volg onderaan die berig. Die 96-jarige Fred Stobaugh het onlangs vir ‘n liedjieskryf-kompetisie ingeskryf en sy lirieke het die beoordelaars só geraak dat dit nou getoonset is en op iTunes verkoop word.

Stobaugh van Peoria, Illinois in Amerika, het die lirieke vir dié lied, Oh Sweet Lorraine, geskryf nadat sy 91-jarige vrou in April oorlede is. Die egpaar het mekaar in 1938 ontmoet en was 73 jaar lank getroud, berig ABC News.

Stobaugh is nie ‘n musikant nie, maar het besluit om aan die kompetisie by Green Shoes Studios deel te neem. “Sy inskrywing was uniek,” het Jacob Colgan, woordvoerder van Green Shoes, gesê. “Hy het nie ‘n YouTube-video ingestuur nie. Hy het die lirieke in ‘n brief in ‘n groot bruin koevert gestuur.”

The memories always linger on
Oh sweet Lorraine, no I don’t want to move on
The memories always linger on
Oh, sweet Lorraine, that’s why I wrote you this song

“Ek het die lirieke begin lees en was só deur die woorde geraak dat ek gedink het ons moet definitief iets hiermee doen,” het Colgan gesê. Hy het, met Stobaugh se toestemming, die woorde getoonset en lewe in die lied geblaas.

In die video wat volg hoor Stobaugh die lied vir die eerste keer. “Wonderlik,” sê hy terwyl hy die trane probeer keer. “Absoluut wonderlik.”

Die lied is hier op iTunes beskikbaar.
http://youtu.be/KDi4hBWsvkY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Baie mooi woorde en ook lirieke. Jy voel sy verlange aan.

Edna Serfontein ·

Sjoe dis baie mooi so spesiaal , so mooi as daar nog mense is wat nog omgee vir oumense.Regtig iets wat hy sy koester tot sy dood.

Petro Hibbert ·

Dit vul mens met soveel deernis om na hierdie video te kyk, wat het van sulke mansmense in die hedendaagse lewe geword? Hulle is “far and few between” Sjoe dit raak die hartsnare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.