[Video] Advertensie laat mense na sneesdoekies gryp

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Verpleegster in ʼn neonatale waakeenheid het ʼn ongelooflike verrassing gekry toe sy herenig is met die babas wie se lewens sy help red het.

In die video, ʼn advertensie vir Kleenex-sneesdoekies, kyk die verpleegster, Renee, na ʼn video met boodskappe van ouers wie se kinders sy help red het. Sy is egter nie bewus daarvan dat daar ʼn groot verrassing beplan is nie: al die kinders is daar om persoonlik dankie te sê.

Renee werk by die WellStar Kennestone-hospitaal in Georgia, Amerika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

kry die hardwerkende verpleegster darem deel van die winste ? die voortgaande royalties ?
Die meng van menslike emosie met geld het nog altyd `n reukie.

Chris ·

Shannon vir party mense gaan dit om die liefde van die saak en nie die liefde vir geld nie. Ek glo nie in die geval is dit die geld wat haar geluk bring nie maar die waardering van laggende kindergesiggies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.