Video: Advertensie oor huishoudelike geweld maak opspraak tydens Super Bowl

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Treffende, dog baie ontstellende advertensie wat ten doel het om bewustheid rakende huishoudelike geweld te skep, het vanjaar groot opspraak gemaak by die Super Bowl.

Dié byeenkoms, wat Amerika se grootste sportbyeenkoms is, lewer elke jaar van die beste advertensies op, en vanjaar was geen uitsondering nie.

Die betrokke advertensie volg op die skorsing van die voetbalspeler Ray Rice verlede jaar, nadat ‘n video op die internet versprei is wat wys hoe hy sy destydse verloofde bewusteloos slaan. Dit is volgens berigte die eerste keer dat só ʼn advertensie tydens die Super Bowl gewys is. Die advertensie is deur die organisasie No More vervaardig.

Die Super Bowl is verlede jaar deur minstens 112 miljoen mense gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.