Video: Advertensie skok dronkbestuur-motoriste

Die video volg onderaan die berig.
‘n Vreesaanjaende advertensie wat motoriste oor die gevare van dronkbestuur wil waarsku, is onlangs in kroeë en restaurante se badkamers in Londen vrygestel.

Die advertensie skok niksvermoedende klante in die badkamer met ʼn vrou se gesig wat skielik deur die spieël bars – dieselfde tipe impak wat jy sal sien wanneer ʼn persoon jou motor se voorruit sal tref.

Die advertensie is vir die departement van vervoer se “Think! Pub Loo Shocker”-veldtog gebruik.

Waarskuwing: Die advertensie is skokkend en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joey Odendaal ·

BRILJANT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dit moet ORAL in SA ook gedoen word!!!!!! Ook in Dames badkamers!!!!!

ansie hamman ·

dis so die realiteit, SA moet dit ook adverteer, miskien leer mense dat drank nie alles is in die lewe nie!

Annamarie ·

Ek stem saam dit moet ook hier in Suid Africa gebruik word dan sal mense minder drink en behoorlik die gevoglik dra as hulle sien wat gebeur as jy drank in jou liggaam het en dan wil jy nog agter die stuurwiel in klim en nog ry.Dit is hoekom hulle dit noem dont drink en drive wat jy vat ander se lewe weg as jy in `n moter ongeluk kom.100 persent sal ek agter dit staan.

HELENA SEABORNE ·

bravo vir di ou wat daaraan gedink het. as dit nie die spul nugter skok ni dan weet ek ni.20/10 vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.