Video: Advertensie van verlore hondjie roer steeds die hartsnare

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Super Bowl-voetbalkampioenskap in Amerika lewer elke jaar van die beste advertensies op. Een van die advertensies wat in 2015 behoorlik die hartsnare geroer het, is ʼn Budweiser-advertensie oor ʼn verlore hondjie.

Die advertensie is ʼn opvolg op Budweiser se advertensie vir die 2014 Super Bowl. Soos in die vorige advertensie word daar weer van die Clydesdale-perde en ʼn oulike labrador-hondjie gebruik gemaak. Die musiek in die advertensie is ʼn verwerking van die liedjie I’m Gonna Be (500 miles) deur die groep Sleeping At Last.

Die advertensie is reeds meer as 26 miljoen keer op YouTube gekyk.

Klik hier vir verlede jaar se Budweiser-advertensie.

http://youtu.be/xAsjRRMMg_Q

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.