Die video volg onderaan die berig. Chris McLennan, ʼn reisfotograaf van Nieu-Seeland, het Botswana onlangs besoek en sy kamera aan ʼn afstandbeheerde viertrekvoertuig vasgemaak.
Carl Hansen het dié afstandbeheerde karretjie ontwerp. McLennan sê hy wou die diere graag van naby afneem en het op ʼn trop leeus afgekom.
Die ongelooflike “Car-L meets the lions”-video is die afgelope vier dae reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.