Twee video’s volg onderaan die berig. Angelina Jordan (8) van Noorweë het vroeër die beoordelaars op dié land se talentprogram verras en nou het sy ook sosiale media aan die gons.
Angelina het vroeër op Norway’s Got Talent verskyn en die gehoor en beoordelaars gaande gehad met haar weergawe van Billie Holiday se “Gloomy Sunday”. Sy het intussen deurgedring na die finale ronde van dié kompetisie.
Sy het daarna op die televisieprogram, Senkveld, verskyn wat soortgelyk is aan The Late Show. Haar weergawe van Frank Sinatra se “Fly me to the moon” is reeds bykans 3 miljoen keer gekyk.
Baie baie goed