Video: Agtjarige se verstommende sangtalent

Angelina Jordan (skermskoot uit die video)

Angelina Jordan (skermskoot uit die video)

Twee video’s volg onderaan die berig. Angelina Jordan (8) van Noorweë het vroeër die beoordelaars op dié land se talentprogram verras en nou het sy ook sosiale media aan die gons.

Angelina het vroeër op Norway’s Got Talent verskyn en die gehoor en beoordelaars gaande gehad met haar weergawe van Billie Holiday se Gloomy Sunday. Sy het intussen deurgedring na die finale ronde van dié kompetisie.

Sy het daarna op die televisieprogram, Senkveld, verskyn wat soortgelyk is aan The Late Show. Haar weergawe van Frank Sinatra se “Fly me to the moon” is reeds bykans 3 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.