ʼn Sweedse musiekgroep, Wintergatan, het ʼn masjien gebou wat met behulp van albasters musiek kan maak.
Die masjien gebruik 2 000 albasters en wanneer die musikant, Martin Molin, die handvatsel draai, begin die albasters deur ʼn reeks ratte en pype val waar hulle uiteindelik op metallofoon beland om ʼn vrolike, bykans wetenskapfiksie-agtige, harmonie te skep.
Dit het Molin en sy span ongeveer 14 maande van 40 ure per week geneem om die masjien te bou.
Besoek Wintergatan se YouTube-kanaal of webwerf vir meer inligting oor die masjien.
Dis wat gebeur as mense nie vrees lewe nie! Voorsprong en vooruitgang, selfs genot!
Absoluut geniaal!
Die musikante klink eerder na ingenieurs!
Ai, kyk nou so blanke!