Video: Alles loop skeef toe hy jawoord vra

Skermgreep uit die video

ʼn Boot wat skielik begin beweeg het, het die oomblik bederf toe ʼn man die jawoord wou vra. Hy is in die gesig geskop en het in die water geval.

ʼn Video van die voorval is deur Theo Shantonas op Twitter gedeel waar dit reeds meer as 220 000 keer gekyk is en talle kommentare uitgelok het.

In die video staan ʼn man, wie se naam nie bekend gemaak word nie, op een boot, terwyl sy aanstaande verloofde op ʼn ander boot staan. Die video word deur iemand verfilm wat op die dek staan.

Die man trek die ander boot nader en staan op die randjie van die boot toe hy die ring te voorskyn bring. Sy meisie glimlag breed en dit lyk of sy ja sê toe die twee mekaar wou omhels.

In ʼn onverwagse wending stamp die vrou ongelukkig die boot se stuur en die boot trek skielik weg. Die vrou val agteroor, sy skop per ongeluk die man in die gesig en hy beland in die water.

“Dit is die snaaksste ding wat ek in ʼn lang tyd gesien het,” skryf een Twitter gebruiker.

“Dankie vir die lekker lag en vreugde. Ek hoop die bruidegom is oukei en baie geluk aan julle albei!” skryf ʼn ander.

Nog iemand wonder wat met die videograaf gebeur omdat die video skielik eindig. Ander het geraai dat hy waarskynlik ook geval het toe die boot die dek getref het.

Shantonas het gesê hy het met die man in die video gesels. “Niemand is beseer nie en sy het ja gesê!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Lyk soos Chuck Norris se tannie daai. Ninja skop sy die man water toe, wonder wat die antwoord was. Mmmmm

Sandra ·

Dit lyk soos ‘n “ouerige paartjie”, soos in my ouderdomsgroep. Ons moet eerder nie te avontuurlustig wees as ons die jawoord vra nie. Sit eerder veilig in ‘n restaurant of op die strand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.