Wat gebeur as jy val? “Dan staan jy maar net weer op.”
Die driejarige Emma Rester het kykers gaande met haar gimnastieke vernuf en bekkigheid.
Emma is nog net ses maande lank besig met gimnastiek, maar sy het onlangs saam met haar ma, Annie, op Ellen Degeneres se televisieprogram, “Ellen” verskyn.
Emma se pa is besig met diensplig in Suid-Korea, maar hy het ʼn baie spesiale geskenk vir haar gelos om aan hom te dink: ʼn “pappa soentjieflies” vol Hershey Kisses – een vir elke dag solank as wat hy weg is.
Die driejarige spog aan die einde van die program met haar tegniek op ʼn tuimelraam, die mat en ʼn trampolien.
Ellen wou by Emma weet: “Is jy dan nie bang jy val nie?”
“Nee,” het sy geantwoord. “Dan staan mens net weer op.”
Te ougat!
Baie oulik! ‘n mens kan sien Emma is baie goed voorberei op die onderhoud :-)
Ek dink al ons mammas kan maar na hierdie dogterjie se mamma opkyk. Sy moet darrem vreeslik baie tyd en energie aan haar dogtertjie spandeer om haar soveel selfvertroue te leer. Dis so pragtig!
Te oulik!! En ek stem E, n wonderlike mamma wat sy het.