Graham Shaw, ʼn kommunikasiekundige, het al duisende mense gehelp om vinnig tekenprentkarakters te leer teken.
Graham het al selfs persone wat beroertes gehad het geleer hoe om dié oulike karaktertjies te teken.
Volgens hom is dit bloot ʼn “illusie” dat mense dink hulle kan nie teken nie. Graham verduidelik in dié video stap vir stap hoe om op ‘n baie eenvoudige wyse verskillende gesiggies te teken, deur telkens dieselfde patroon te gebruik, met enkele wysigings. Hou gerus ‘n pen en papier byderhand!
Hy verduidelik hoe iets so eenvoudig soos om te kan teken, ʼn positiewe verskil in die wêreld kan maak.
Die praatjie is tydens ʼn TEDx-geleentheid gehou op die TED-konferensieformaat, maar is onafhanklik deur lede van die gemeenskap georganiseer.
Ek glo elkeen kan seker teken maar nie met dieselde grasie nie.