[Video] Almal leer ʼn les danksy dié blaasoppie

ʼn Video van ʼn blaasoppie wat “afblaas” word wyd op sosiale media versprei – grootliks omdat meeste mense onder dieselfde wanindruk was oor dié vis.

Hierdie vreemde visse neem ʼn merkwaardige grootte aan wanneer hulle bedreig voel – byna dubbel hul oorspronklike grootte.

Meeste sosialemediagebruikers was egter onder die wanindruk dat blaasoppies lug inneem om hulself so groot te kry – soortgelyk aan die effek wanneer ʼn ballon opgeblaas word.

Die oorspronklike video, wat deur Internet Palace op Twitter gedeel is, wys hoe die blaasoppie water uitlaat wanneer hy afblaas. Dit is egter eers toe die gebruiker Clara (@corningswell) die video deel en kommentaar lewer dat sy altyd onder die indruk was dat die visse lug inneem om op te pof, dat ander gebruikers ook begin reageer het. Haar plasing is deur meer as 130 000 gebruikers gedeel, meer as 340 000 het daarvan gehou en 507 het kommentaar gelewer – om te sê dat hulle ook gedink het die visse is vol lug wanneer hulle so groot opgepof is.

Wetenskaplikes was ook vir ʼn lang tyd onder die indruk dat blaasoppies hul “asem ophou” (soos in die Pixar-fliek Finding Nemo). Navorsers by James Cook University en die Australiese Instituut van Marienewetenskap het egter in 2014 bevind dat die visse steeds suurstof inneem selfs wanneer hulle opgepof is. Wanneer hulle buite die water is, kan hulle lug inneem, en dit is moontlik waar die verwarring ingesluip het. Hulle sal egter vinnig buite die water versmoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

tamboti ·

Wel my str. 3 wetenskap bepaal as jy ‘n voorwerp onder water vol lug maak, sal dit soos ‘n bal uit water skiet en bo dryf – so die vissie sou ook en sodoende seker vinnig uit gevaar kom —-
TOT DAT DIE MEEUE HOM SIEN!
“mine mine mine mine mine”

Ek sê maar net ·

Mens sou dink dat hierdie common sense is. Ja daar is suurstof in water maar tot visse suig water in en “spoeg” dit by hulle gills uit die dun membrane vat dan die suurstof in die water in die lyf in en die water sonder suurstof word vrygelaat. Visse haal nie asem soos mense nie natuurlik suig hy water in om hom so groot te maak. Dit maak my nogal skaam dat tot wetenskaplikes onder die wanindruk was

Josua Keys ·

Ek het jare gelede by die see visgevang en die mense het altyd gesê jy moet die vis doodmaak as jy hom vang, ek het hulle leer ken as n “TOBY” of dit is wat die vissermanne hom genoem het, die rede waarom hulle gesê het om die vis dood te maak is omdat hy beskou was as n pes in die see en dit het my soms laat wonder is dit regtig so en die ander rede was, die vis is blykbaar giftig as hy jou sou byt, kan iemand dit ook bevestig of was dit ook maar net visserman stories

Andre ·

@Joshua
Daar is 120 verskillende spesies van hierdie blaasoppie visse. Nie almal is giftig nie, maar die grotes met die ‘spikes’ is tweede meeste giftig na die ‘Golden Poison padda’. Een wat ons in SA teen die kus kry – Maputo tot Valsbaai is die ‘Evileye’ Pufferfish. Hy is giftig en moet nie aan geraak word of geeet word nie.

“This species is considered abundant in parts of South Africa. Amblyrhyncotes honckenii is not known to be directly targeted by commercial or artisanal fisheries, and is considered a “trash fish” by fishers in South Africa”

Hulle eet die vissermanne se byt af.

Chris ·

Ja die areme blaasoppie kan as ‘n pes beskou word, want hulle byt meer gereëld as enige ander vis. As blaasoppies so byt, dan kan jy maar oppak en huis toe gaan. Dit beteken die water en weer is nie reg vir eetbare vis nie. Ek hengel al vir baie jare en het geleer om net dood te maak wat ek of my diere sal eet. Ek maak net dood as dit geen kaans het van oorlewing, soos bv. as die hoek in die kiewe gehaak het en nadat ek probeer dit herleef het. Blaasoppies is skadeloos en nie giftig nie. Hy blaas op om groter te lyk vir sy vyand, omdat hy geen selfverdediging eienskappe het soos ander vis nie. Dis net seer as hy byt net soos ‘n voël sy bek wat die selfede is. Ek soen altyd my vis voor ek dit terug sit om dankie te sê vir die lekker sports. Respekteer die natuur en lewe van diere. Jy sal meer vis vang en ‘n beter mens wees.
Chris
L’Agulhas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.