[Video] Almal verstom oor babatjie se omhelsing

Brenda Coêlho de Souza en klein Ágata (Skermgreep uit die video)

Die eerste fisiese kontak tussen ʼn ma en haar pasgebore kind kan baie emosioneel en kosbaar wees, en dit is duidelik sigbaar in dié video.

Brenda Coêlho de Souza van Brasilië se baba is met ʼn keisersnee in die wêreld gebring. Net nadat klein Ágata haar eerste asemteug gehaal het, het die verpleegsters haar naby haar ma gebring sodat haar ma haar kon sien.

Die liefde was sommer dadelik daar: Ágata het haar armpie om haar ma se gesig gesit en dit lyk selfs asof sy haar op die wang wou soen!

Die personeel en die 24-jarige ma was verstom oor die gebaar.

“Dit was ʼn ongelooflike oomblik toe my dogter my vir die eerste keer omhels het,” het Brenda gesê. “Ágata is nou drie maande oud en dit gaan baie goed met haar. Elke dag is ʼn verrassing en ek geniet dit om ma te wees!”

https://youtu.be/_EIHCDhEBlI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Denise ·

Dit is te dierbaar vir woorde pragtige moeder en baba!!!!!

Magda v Bloem ·

Kosbaar verby!!!!!!!!!!!!! mommy….I also want a baby now!!!! xxxx

Abie Blaauw ·

Daar is niks vreemds aan die “omhelsing” nie – die gedrag is bloot gebaseer op die sg. “suig – en sluk” refleks wat natuurlik by alle babas voorkom en wat verseker dat hulle “leer” om te begin drink. Die baba kon op die stadium wat die video gemaak is, nog glad nie haar moeder “sein” nie – sy kon nog net basiese ondeskeiding tusen lig en donker maak. Daarom: alhowel vreeslik oulik, probeer baba nie vir ma omhels nie….baba se instink sê baba moet suig !

Abie Blaauw ·

Oops! = “suig – en sluk refleks”, = “sien”, = alhoewel, = onderskeiding,

Bosbok ·

@Abie – ag Abie, jy is seker n man, want dit kan net n man wees wat n kosbare emosionele oomblik bederf met feite :) Ons vrouens weet ook realisties gesproke dit, maar verkies somtyds die emosionele waarheid wat net n ma kan beleef wat geboorte skenk :)

Ann ·

Sies Abie, jy is seker nog nie ‘n ouer nie. Ek dink dis baie kosbaar en die oomblik is vir ewig vasgevang. Dankie MM vir sulke positiewe, oulike nuus.

Lba ·

Dit is so wonderlik en ek is n ses en sestig jarige vroumet drie kinders en sewe kleinkinders. Glo aan die wonderlike oomblik .

Se net ·

Die dingetjie het sy ma se sagte vel gevoel en die natuurlike instink om te drink het ingeskop. Dit lyk of hy sy ma se neus wil begin suig.

Theresa ·

Jip. Dis wat Abie wou verduidelik. Dankie Abie – het ook so gedink toe ek sien die kleinding bly daar by die neus rond “suig”. Maar dit lyk so cute! en ek dink die mamma het dit kosbaar gevind.

Tanya ·

Hoe mis ek my pragtige blou oog blommekind wat hierdie jaar 6 jaar oud sou wees, wat nou lekker in die hemel dans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.