[Video] Andre Rieu speel Anthony Hopkins se wals

Anthony Hopkins en sy vrou tydens die opvoering (Skermskoot uit die video)

Anthony Hopkins en sy vrou tydens die opvoering (Skermskoot uit die video)

ʼn Video van ʼn vertoning waar André Rieu en sy orkes ʼn wals opvoer wat deur die bekende akteur Anthony Hopkins gekomponeer is, maak weer groot opslae op sosiale media.

Voordat Hopkins ʼn akteur geword het, was hy ʼn musikant en hy het dié wals geskryf toe hy 19 jaar oud was. Hy het egter getwyfel in sy eie vermoë en het nooit sy musiekstuk gehoor nie.

Hy het jare later André Rieu op die televisie sien speel en aan sy vrou gesê: “Ek sal graag wil hoor hoe daardie wals in Wene gespeel word,” het hy aan The Independent gesê. “ʼn Ruk later kry ek ʼn oproep van André en hy sê, ‘Ek het jou wals’. Ek het nooit geweet my vrou het dit vir hom gestuur nie.”

Hopkins het in April 2011 na Maastricht in Nederland gevlieg en vir die eerste keer ʼn opname van “And the Waltz Goes On” gehoor.

André Rieu het later die wals in Wene saam met sy orkes opgevoer waar Hopkins dit vir die eerste keer lewendig gehoor het. ʼn Video van hierdie opvoering is reeds meer as 20 miljoen keer op sosiale media gekyk en doen tans weer die rondte op sosiale media.

Hopkins het al in meer as 100 rolprente gespeel, insluitend Silence of the Lambs waarvoor hy ʼn Oscar gewen het. Hy en sy vrou woon in Los Angeles.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leonie ·

Dit is ‘n pragtige uitvoering van Anthony se komposisie. Ek hoop Anthony probeer weer komponeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.