Video: Angswekkende beeldmateriaal van kleuter op randjie

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn kleuter wat op ʼn smal randjie van ʼn woonstelblok loop, is reeds meer as 3,6 miljoen keer gekyk – en kykers reken dit is angswekkend om te sien.

Die video is verfilm deur ʼn toeris se dogter wat in ʼn nabygeleë woonstel in Spanje tuisgaan. Die kleuter het glo oor die balkon geklim “terwyl die ouers gestort het”.

ʼn Video van die voorval, wat Saterdag in Playa Paraiso plaasgevind het, is op die Facebook-blad, I love Tenerife!, gedeel. Volgens die plasing het die vrou die beeldmateriaal verfilm terwyl haar pa na die woonstelblok oorkant die straat gehardloop het om sekuriteitspersoneel in kennis te stel.

Die video begin waar die onbekende kind na ʼn balkon op die vierde verdieping loop. Die kind begin dan om oor die balkon te klim, maar verander van besluit en stap dan weer terug huis toe.

Sommige kykers het die kleuter se ouers veroordeel, maar talle ander het gesê hulle eie kinders het al vreeslike goed aangevang “toe hulle net vir twee sekondes weggekyk het”. Ander maan ook om “nie te oordeel totdat mens die hele storie weet nie”.

Child climbs out of apartment balcony window 4 floors up and runs along dangerous ledge in Tenerife!

OMG! This toddler managed to climb out of this building window whilst the parents were taking a shower.The incident took place on Saturday at a building in Playa Paraiso, Tenerife. The video was taken by the daughter of a tourist staying at an apartment close to this one. His Daughter took the video whilst he was running over to the building to try and do something and notify security He doesnt want any publicity so we won´t share his name. Report and update provided by journalist Pia Guevara Manosalva

Posted by I Love Tenerife on Monday, January 6, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Anoniem ·

Wel hierdie is nou net UITERS ONVERANTWOORDELIK. En mense wat beaam dat hul kinders al erger gedoen het behoort hul koppe in skaamte te laat sak. Dis geen prestasie om ‘n onbevoegde ouers te wees nie.

Oop Oge ·

…en die uwe was nog nooit n kind gewees nie of het nog nooit kinders gehad nie …

Niel ·

kyk seker ook parktour… waar mense op groot hoogtes lekker toertjies doen…

Suit bang ·

Die kind loop Nog so ewe vinig en toe Hy/sy besluit om Terug te draai en wou Terug klim in venster toe vang is gou n Vinnige drag stapie. Sonder enige vrees.

En dan waai die wind ook Nog so DAAR.

Sandy Botha ·

As daardie mense een vloer boontoe, of een vloer ondertoe gebly het – het daardie kind haar dood geval….

Joe ·

@Sandy, duidelik het die kind eers gekyk en nie net uit geleap nie.

Anna ·

Dis hoekom ek aan engele glo. Vanaand wanneer Klaasvakie sy sandjies gestrooi het en die woelige kleutertjies hul ogies sluit, sug die berwaarengele van verligting

Danie ·

Treurig en nuttelose ouers. Wil kinders hê maar het geen idee hoe om hulle op te voed en groot te maak nie. Voorwaar ‘n wonderwerk dat sommige kinders volwasse ouderdom bereik.

Joesi ·

@Danie, ek stem, met my vakansie in SA afgelope Desember, ouers wat 5 kinders het, bedel vir geld, maar altyd rook en biertjie drink, self die kinders laat ruik aan hul sigaars.

Christy Krohne ·

Daai kind het n toekoms in Balansering en waaghalsige toertjies. Van waar ek sit lyk dink nie vir of daardie enigsins vreesbevange was nie. Ek gaan nie verbaas wees sou die geleentheid hom weer voordoen dat hy/sy weer dit sal doen nie. Wat die ouers se “nalatigheid” betref, met kinders weet jy nooit en kan maar net die beste probeer.

Maggie ·

Gits,julle wat so oordeel het geen idee van kinders nie.My eerste kind was ñ stroopsoet gehoorsame kind en het selde iets verkeerds gedoen.Altyd eerste keer geluister.My tweede is presies die teenoorgestelde.Hy toets permanent die grense en is baie uitdagend en as iets hoog weggebêre word,klim hy op ñ stoel of kas of enigiets om by te kom.Hy maak die yskas self oop en sluit self die voordeur oop.Hy is twee.Selfde twee ouers en selfde huishouding.Party kinders beproef alles en ander nie.Dit maak nie ñ swak ouer nie.Al sou ek ñ duisend oë op my kop hê sou ek steeds nie altyd dadelik raaksien wanneer hy iets aanvang nie.

Oop Oge ·

Inderdaad so !

Ek kan verseker nie my ondersoekende avontuurlike en waalshalsige ondervindings gedurende my kinderlewe op die skouers van my ouers plaas nie. Hulle was nie eers bewus van `n kwart daarvan nie – en hulle was prim en proper vooraanstaande mense wat opvoeding betref.

Die uiteindelike voordeel was dat ek n rustige vreeslose lewe kan lewe, ongeag waar ek myself bevind of watter omstandighede ookal.
Ek kan storieboeke skryf gebaseer op feite en ondervindings en hoef nie fiksies te wees nie.

Elke kind moet toegelaat word om sy eie karrakter uit te leef sodat hulle kan word waarvoor die Here hulle geskape het.

Anina ·

Ons oudste is ook stroopsoet. Kry nooit raas en huiswerk is altyd gedoen. Toe sy nog enigste kind was het ons ander ouers vreeslik geoordeel want ons kind is beslis so soet omdat ons sulke goeie ouers is. Ons 2de het ons baie nederig gemaak… Eks baie dankbaar dat die kind nie geval het nie maar oordeel sal ek die ouers beslis nie.

Anoniem ·

Hoekom is die balkon se reëlings van so aard dat die kleuter so maklik kan oorklim? Is daar nie bouregulasies in Spanje nie?

Katryn ·

Genade, as volwassene besef ek nou eers hoe erg dit lyk en kon wees. Ons het as kinders op die 1ste verdieping se balkonne rondbeweeg, gedink dit is deel van leer. Ons het gewoonlik na ons bure se deel gegaan en nog deur die vensters gelim om by ons maats uit te kom. My vriend het egter eenkeer vasgesit in die huis toe hy wou oorkom want daar was deure wat die huis connect waar die pype deurloop. Dit was die laaste wat ons dit gedoen het want ons moes ons ouers om hulp vra en almal se gatte het gebrand daai dag. Later jare het ons verhuis en my ouma het ons in die huis toegesluit, het my ma hul gebel en laat weet ons gaan uit.. het deur my kamer se ventertralies nog gepas, muur uitgeklim soos spiderman, op die dag en oor die muur by die bure en by hul hekkie uit. Dit is al hoe ons by naskool se sport aktiwiteite kon uitkom, my ouma is toe later na ñ ouetehuis en ons kinders is na-skool toe (het nooit weer die begeerte gehad om te ontsnap nie)
Ek is regtig dankbaar dat kinders so besekermd is wanneer hul sulke goed aanvang. Het nie ñ idee hoe ons gaan maak as ons kinders daai ouderdom bereik nie

Maggie ·

Anina,presies netso!Ek het dit gister weer vir iemand vertel.Ek het ook altyd gedink ek is so ñ wonderlike ouer en ander ouers weet nie hoe om kinders op te voed nie.Ek is goed aarde toe gebring met my tweede en ook regso.

Dienkie ·

@Oop Oge, ek kan maar net saamstem met jou kommentaar. Kinders is van nature avontuurlustig. Ek het ook baie eienaardige dinge aangevang toe ek ‘n kind was (bv op ons huis se dak geklim). Dit bly tot vandag vir my ‘n raaisel hoe ek op die huis se dak geklim het.) Ek kan nog baie ander insidente noem wat ek as kind aangevang het maar ek volstaan net by hierdie een insident. Maak dit van my ouers slegte ouers – nee baie beslis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.